SMS'e vir 8 Mei 2018
SMS'e vir 8 Mei 2018

SMS'e vir 8 Mei 2018

". . .vier vrouens in die regering. . ."
Mandy Rittmann
Minister Mutorwa, u is verkeerd, Gaan doen navorsing, asseblief! Die "Namibian Constitution" was deur mense van verskillende partye opgestel, nie deur Swapo nie. Vra dié wie daar was, byvoorbeeld: president Geingob en mnr. Andrew Matjila.



Uit Mariental is daar vier vrouens in die regering. 'n Minister, adjunkminister, voorsitster van die Nasionale Raad en die goewerneur van die streek. Julle is gelukkig, Marientalers. Kyk na Keetmanshoop.



Cassinga: Kan almal nie nou maar net 'n slag die verlede agterlaat en vorentoe kyk nie? Swapo het 'n bom op die spoorlyn voor ons huis geplant, dat net vensters gespat het toe hy ontplof, maar ons bly stil daaroor. Die land verval en almal kyk agtertoe. So sal ons nêrens kom nie.



Found ID of Imene Hanna No 7609 11 00262. Call 081 799 8145.



Ek, Jossop van Karasburg sit met papiergeld, wat ek opgetel het by my ouma se huis, maar dis flenters. Maar daar staan “BB6842863 500 4 De Peveero De 1991 José Eduardo Dos Santos Kwanzas, Banco Nacional”. - 081 660 9971



Now MultiChoice Namibia has gone from bad to worse! They are still repeating the boxing fight that took place three months ago (Lara vs Hurd) while Golovkin was in action as well as Haye vs Bellew this past weekend. Why don't you just merge with MTC through business means to deliver the goodies? Your customer care lacks customer satisfaction big time!



So, geagte Shoprite Checkers se mediaspan, gaan ons (jul kliënte) gedurig op die uitkyk moet wees dat jul rakpryse akkuraat is? Ek skryf hier van die padkos as 'n voorbeeld. Dis mos nie ons werk om seker te maak dat jul rakpryse akkuraat moet wees nie, of hoe verstaan ek die wêreld nou?



Outjo Wildfees het hierdie jaar teleurgestel. Die krag was kort, kort af en die bestuur het net gesê dit is buite hul beheer. Baie swak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!