SMS'e vir 8 Mei 2020
". . . vir die ander."
Op ’n positiewe noot. Baie dankie vir die tydelike truckstop te Walvisbaai. Dit bied veiligheid aan ’n trokdrywer. Ek het dit vandag vir die mediahuise meegedeel. Op ’n negatiewe noot: die kriminele aktiwiteite wat daarmee gepaard gaan soos geraas en diefstal. Mogamat Salie Saban gee ook om. Dankie.
Dis goed die Vereniging van Privaatskole in Namibië. Sleep die regering hof toe. Een groep besluit weer vir die ander.
Die gedeeltelike oopmaak van landsgrense in fase 4 moet ernstig heroorweeg word, tensy gewaarborgde bewys bestaan dat mense wat herstel het en in die fase deur die grense kom nie meer aansteeklik is nie.
Rakend nog die verbod op die verkope van alkohol. Kan sy eksellensie, die president van die Republiek van Namibië, nie maar dat die verbod op die verkope van drank staan tot einde van 2020 of selfs langer nie? So kan die drankeuwel mos uitgewis word. Nè!
Die enigste oplossing vir die oorgrensbeweging van vragmotorbestuurders is dat hulle nie oorgrens mag beweeg nie, maar dat die bestuurders op die grens moet omruil, waar ’n ander bestuurder van daardie land dan die vrag verder vervoer. Die meeste groter kontrakteurs opereer in verskeie lande en het bestuurders van verskeie nasionaliteite in diens. ’n Ander opsie is dat twee kontrakteurs van twee verskilende lande die vrag vervoer en dit slegs op die grens oorhaak.
Maskers is ’n klug. Op ons klein dorpie kom tot die polisie sonder maskers in die winkel!
N$87 miljoen vir Covid-span klink edel, en die vertrapte partisanies op 1 blik vis, 1 bottel kookolie en ongesifte meel per maand. Ek begryp nie?
Boetes oplê oor Covid-19. Mnr. die president, die mense kry genoeg honger hier en oor die hele land, so skryf soveel soos julle wil. So by so is dit onwettig. Heko!
Die regering maak net meer en meer reëls oor Corona. Waar kry mens geld vir maskers?
Republikein of NMH gee hulle werkers bystand in die Covid-tyd. Dis ’n goeie model wat ander ook kan gebruik.
Hoe nou? Ek moet ’n masker dra wanneer ek alleen in my eie motor ry? Wie dink sulke onsin uit?
In die riglyne vir fase 2 van die lockdown word allerhande voertuie en passasiersgetalle genoem, maar nie bakkies nie. As ek Gazette 7200 van 30 April 2020 reg lees, mag in ’n enkelkajuitbakkie net die drywer sit en tog ry die polisie twee man sonder maskers in dié bakkies.
Mense wat bly is dat die verbod op drank verleng is, moet net besef daar is onskuldige mense wat hul inkomste en werk gaan verloor. Sies!
COVID-19 restrictions: Motorcycles are also a mode of transport, for many their only vehicle. Every other vehicle can take a passenger with, even the donkey cart, but the motorcycle is not allowed to take its passenger with, while we sit in the open air with fullface helmets on. Most donkey carts are so small that the driver is rubbing shoulders with his passenger. Where is the logic then?
Sondebelasting op alkohol is hoog. Moet nie huil as persoonlike belasting, VAT en belasting op brandstof in die toekoms opgaan nie.
Ek wil tog vra of iemand my kan antwoord. Wat het geword van die vorms wat ons in die blokke op Rehoboth ingevul het vir die kos vir die hulp vir die coronavirus, asseblief.
Swanger vrouens, vra jou doktor hoe veilig is dit vir jou om nou voltyds masker te dra.
Daar is baie families wat ook honger ly. Kry almal kospakkies en waar word dit uitgedeel?
Why are you forever placing photos of black people on your front page when you want to make a political point? Place the photos of your white readership. They are your target proup.
Ene Raymond het my nou geskakel en sê hy is van bank A. Ek sê nee, ek is by bank B. Toe smyt hy die foon in my oor neer, maar hy bel weer. Nou is hy van bank B. Wat is my selfoonnommer, sit net gou die kode in, wat sê die foon vir my? Ek sê nee, hy sê niks, want ek dink dis ’n bedrogspul. Ja, dink ek dit of raai ek. Nee, ek is baie seker dis ’n bedrogspul, seg ek. Daar smyt hy weer die foon neer. Pas op maar vir die trawante. Hulle probeer weer jou geld steel.
Siele vir Jesus Restorasiesentrum help met dwelms, drank, verwerping, depressie ens. Stuur u geliefdes as hul sukkel en gehelp wil word. Kontak 081 213 7088.
Ek soek tog iemand wat brei met ’n breimasjien. Kontak 081 245 2377.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie