SMS'e vir 8 November 2016
“. . . jare diens beteken absoluut niks . . .”
Fosfaat: Pres. Hage Geingob, dis mos nou duidelik u het nie die nasie se steun vir mariene fosfaatontginning nie. Hoekom politieke selfmoord pleeg?
Ek stem saam met die persoon wat sy skape agv diefstal verloor en doodgebyt word. Dis mense wat ons voorsien van kos. Ek het ook simpatie met die diere van die veld, maar moet jy daaraan dink die liewe Vader het almal ingestel op oorlewing. So, as jy in ''n posisie is om iemand te help, doen dit. Onthou net dit kan jou oorkom en dan is daar miskien niemand wat jou kan help nie. Dink weer.
Ek soek raad en hulp asb. Ek het 31 Desember 2015 afgetree as onderwyseres nie omdat ek wou nie, maar omdat dit die policy van die regering is dat jy op 60 moet waai. Dit beteken ek sit nou al vir ''n hele paar maande sonder ''n noemenswaardige inkomste, want tot op hede het ek nog niks ontvang nie. My jare diens beteken absoluut niks nie, want ek was seker maar net ''n onbeduidende onnie. Dis die een rompslomp op die ander en ek moet nou maar net tevrede wees met die behandeling wat ek kry. Polisse het verval, medies het verval, maar dit is nie hulle (die burokrasie) se probleem nie. Solank hulle ''n salaris kry (die 20ste vir werk wat hulle nie doen nie) het hulle vrede met ander se probleme. By wie kan ek my nood gaan bekla?
Die artikel oor ontsouting in Vrydag se uitgawe het betrekking. Die berig sê water in Windhoek kos N$1,50 per liter? Dis N$1 500 per kubiek. Ek wonder wie koop water teen daardie prys. Verder word water se prys met die van petrol en melk vergelyk. Dis belaglik. Water is nie ''n kommoditeit nie, dis ''n noodsaaklikheid. Ek wonder ook hoekom ons nie water van die Kavango herlei nie. (Die korrekte koste is 1,5 sent per liter. In een van die verslae waarop die berig gebaseer was, is dit verkeerdelik as N$1,50 aangedui. Ons vra om verskoning vir die fout. – Redakteur)
MultiChoice het geen korrespondensie uitgestuur oor die beeldsending van die krieketreeks tussen SA en AUS nie. 10 kanale wat sokker wys, maar kan nie krieket wys nie. Uiters SWAK!
Almal sal moet meer en die regte dinge doen om die omgewing te bewaar en te red wat nog te redde is. As wette sal help om uitwissing te voorkom, moet dit oorweeg word. As die regering omgee vir natuurbewaring en die omgewing moet hulle tog eers vergeet van die land bemark deur toerisme te lok waar die ekostelsel al amper uitgeroei is. Los tog die politieke aanstellings en stel mense aan wat omgee vir mens, dier en die natuur en wat ''n passie en roeping het.
Dit gaan beter in WHK as in klein dorpies wat droogtehulp betref. Ons kry net mieliemeel en een blikkie vis as hy daar is. – Amen
Otjiwarongo Munisipaliteit, julle Ext 5 teerprojek met Nexus is nou besig met afronding en ons is rêrig tevrede. Die paaie, kurbs, padtekens, straatname, alles lyk professioneel. Doen so voort.
Hardap hervestigingskomitee is korrup. Arme Kapukare. Wat maak Hardap goewerneur, me. Esme Isaack, of dra sy net die rang?
In sentraalhospitaal kry ek heupoperasie en kry cookies en pies vir teetyd. Is proteïne dan nie vleis, vis, kaas, hoender en so nie? Hoe moet my heup nou aangroei? Met koekies en paai? Wie paai wie?
Gochas tender board: Wie is almal teenwoordig as die tenderaars gekeur word? Die interlocks is aan verskillende persone gegee, maar die krag net aan sekere persone, want dis miljoene dollar. Hoekom? Die wiel draai stadig maar seker. Verryk julle lekker. God sluimer of slaap nie. Lekker lewe het ''n einde.
MultiChoice Namibia, is dit hoe dit van nou af gaan wees? Mens betaal ''n belaglike amper N$900 per maand en wat kry jy? Ses belaglike sokker kanale. Is julle mal? Ons wil krieket kyk! Bring dit onmiddellik terug!
Geskok om te sien dat by die padblokkade suid van Windhoek staan ''n man met ''n T-shirt, shorty en plakkies, ''n hoedjie op sy kop en wys die motors om te ry. Die polisiebeamptes in uniform is in hul huisie. Het gedink dit is ''n hiker. Wat is besig om met ons land te gebeur? Dit is waarom die polisie nie vertrou kan word nie.
PWC, kan u asb. vir ons verder verduidelik wat Seksie 21 van die VAT wet 10 van 2000 sê? Min. van Finansies het my geoudit en die twee personeellede het hierdie wet verskillend geïnterpreteer t.o.v. rekeninge vir minder as N$100.
Met Zuma se laaste besoek aan Namibië waar geen joernalis toegelaat is nie, het hy kom asiel soek in ons land? En het hy dit gekry? Die tyd sal wel leer.
Nie alle SMS''e kan gepubliseer word nie? Wat van ''n SMS koerant of SMS bylaag?
Waarom doen City Police niks aan die mense wat op sypaadjies parkeer nie? Daar is mos ''n wet daarteen. Die voetgangers moet in die straat loop. As jy iemand daar stamp, dan is jy die skuldige. Dan wil hulle eers optree?
Waaaat? Australië het nie die uitsaairegte van die krieket vir Sub-Sahara Afrika gegee nie? Hoekom kan SA dit dan sien? Vat eerder julle 9 sokkerkanale weg en wys vir ons krieket!
I am a teacher and I have applied for financial assistace to the Hardap Education office. It was beginning of the year and up to date there is no response from the Directorate of Education. Is it because some of us are not related to them? Are teachers regarded as less important? The officials dealing with this process should not think that they are above the law nor do they have the last say. They too have supervisors. Rt Hon PM Minister of Education please hear my cry and intervene. How can an application take the whole year? How is that possible?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie