SMS'e vir 8 November 2018
SMS'e vir 8 November 2018

SMS'e vir 8 November 2018

"...beteken niks vir ons..."
Mandy Rittmann
Misbruikers van dwelms streef altyd daarna om ’n meer potente dwelm te kan gebruik. Daarom die ge-"spikte" drankies en die gemengde (versnyde) ander dwelms wat jy kan rook, snuif, inasem of inspuit. Chemiese/sintetiese middels wat gemeng kan word met ’n natuurlike dwelmproduk veroorsaak nie net ’n hoër “high” nie, maar soms ook dodelike ander (demoon) simptome. - Ollie Joubert

Ag nee! Alweer ’n verhoging van brandstof! Met dieselfde ongeldige, flou verskonings! Die bankrot regering kry meer geld uit die heffing uit hoe hoër die pryse. Dit is hoekom! Voos verbruikers kan al minder en minder bekostig, so die hele ekonomie brand vas. Die Here help die armes, want selfs die middelklas trek swaar.

Fuel price! Surely it is supposed to come down, seeing that the price per barrel came down considerably. Why must we as public pay for our government's miss spending of our taxes and state money? It’s time for a new government that can look after the interest of the public.

Fuel price increase again! The public should begin to stand together and start boycotting each fuel brand for the whole month one at a time. Then for two months.

Na aanleiding van alle berigte en gerugte oor die beweerde selfmoord van Pitt, begin ’n mens al hoe meer wonder of dit regtig selfmoord was en of hy regtig die moord gepleeg het Wonder maar net en vra maar net!

Mense, die president het alle "cowboys" en "crooks", engele en sondaars nodig om hom te "endorse" en aan te wys. Daarom sal hy met die oog op die volgende verkiesing nie teen diesulkes optree wat hul vergryp deur middel van selfverryking nie. In enige normale demokrasie soos in Botswana en oorsee was die korrupte regering in Namibië lankal weg. Dit is normaal om te plunder. Stemvee, die gepeupel, het geen onafhanklike denkwyse en ploeter voort in ’n gekkeparadys van kaias en wanorde en die regeerders lewe in “luxury and style”. – Axaro

Bravo! Aan al dapper mense wat opstaan teenoor die voortrekkery wat deur die Swapo-staat in die naam van die groot leuen, “One Namibia One Nation”, geïmplementeer word en as ons mense opstaan vir hul regte, dan word ons geetiketteer as rassiste. Die diamantmyne, visserye, alle mynbedrywe in Namaland, direkteurs, CEO's, MD's, dit is net hulle. Diamantbote is na hul vernoem. Praat ons oor ons doelbewus uitgesluit word, word ons beskuldig van rassisme. “No one must be left out!” Daar word gelieg. Namaland “has become happy hunting grounds” plus “giants playgrounds for the ruling, ruining elite”. – Namalander

Blaming others for the water shortage in Rundu is laughable. You voted for that Council, hold them accountable.

Unam-personeel staak met die witbrood onder die arm. Hoogsbetaalde professionele amptenare staak, terwyl die land struikel in moeilike ekonomiese, arm toestande. Nust se personeel het twee of drie jaar gelede sonder verhoging gefokus gebly. Hoop Unam se bestuur stuur die selfsugtige, hoogsbetaalde stakers in hul peetjie.

Hoop die NRU sê dankie vir die 7’s ondersteuning na al die negatiewe kommentaar die afgelope tyd oor Namibia Brouery se betrokkenheid by sport in Namibië.

"Councillor" L Chris, "councillor" E Wambo en "councillor" McNab in "Rural", julle beteken niks vir ons in Rehoboth nie. Swapo en UPM het ons net belieg en bedrieg. Die toorstokkies werk miskien in Hardap "Region Council", maar nie meer nie. Net ’n jaar dan is dit verby met julle. Verseker! - Ruiter in swart

Wil net dankie sê vir die ou in Oshakati-lokasie, Groot-Aub, wat hom so goed verdedig het teen die Kommanda en 2de in bevel van Bokoharam. Ek glo nie hulle sal gaan kla nie. Baie is bang, maar baie van ons sal vir jou getuig. Hoop die polisie doen iets aan die bende. - Voice of Aub

Die land is nou 28 jaar onafhanklik. Hoe kan persone wat nog nie eens 28 jaar oud is nie en selfs jonger is ’n “Struggle Kid” genoem word? Waarvoor het hulle ge-"struggle"? Bokkerol! Verduidelik asseblief, julle wat die term geskep het. Dit kom nog nie eens in ’n wooordeboek voor nie.

Ek stem 100% saam met die Zimbabwe-storie. Ek wil net byvoeg, ek weet van ’n Zimbabwiër wat sy eie “kinder garden” het en nog sy eie taxi ook. Hulle is regtig baie bevoorreg.

Vrydag 2 November 2018 se Graad 9 Afrikaans tweede taal se taalvraerstel en memo van die Khomas-streekraad het talle taal-, spel- en rubriekfoute bevat. Hoe ironies!

Gister se dokter/doktor ens. Wil net regstel, ’n mediese dokter studeer vir 2 grade, een in medisyne en een in chirurgie. Nie een is ’n doktorsgraad nie.

My broer is ’n jaar gelede op 7 November 2017 vermoor deur sy vrou. Sy is uit op ’n belaglike borgbedrag en sy gaan aan met haar lewe soos normaal. Ons regsstelsel is “useless”, maar God slaap nie. Moordenaars kry hulle dag. . .

Ariamsvlei se handelshuis is die duurste winkel in Namibië en die silwerhare van die plek wat geen "transport" of hulp het nie, gaan gebukkend onder die las van die swaar kruis, omdat hulle genoodsaak is om daar te koop. Sommige het ook rekeninge daar, om die ergste honger te stil. Die streekraadslid van Karasburg-Oos sien nie die swaarkry van die arme oues van dae nie, omdat hy ’n donkerbril op het. Waar sal ons hulp vandaan kom?

Joachim van Antwerpen. Jy verwar my. Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek lys dan nie die woord "herhinder" nie. Ken self nie dié woord nie. Verklaar jou beswaar duideliker.

My oom is op sy plaas vermoor toe Planvegters ’n landmyn in een van die plaaspaadjies geplant het. Kan sy familie nou ’n eis teen Swapo instel?

Nee jammer SAP&H, ’n kriminele element is dalk deel van jou DNA, maar dis beslis nie deel van myne nie! Sal ook nooit wees nie!

MTC is verward met baie van hul kompetisie se vrae op 888. Korrekte antwoorde word as verkeerd vertolk. Hoe, of herken hulle nie die formaat van syfers nie.

Het WHS skoolbaadjie met vyf hemde en een langbroek. Skakel 081 616 5755.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!