SMS'e vir 8 September 2017
SMS'e vir 8 September 2017

SMS'e vir 8 September 2017

“A nee a, koppe moet rol. . .”
Dani Booysen
Aan die een kant suig die regering belasting op soos 'n spons en aan die ander kant vloei geld uit die staatskas soos 'n kraan wat oopgelos is weens wanbestuur en onbevoegde amptenary. Neckartal se hantering is 'n skande. Wie staan pa en wat is die optrede teen hulle?



Nou verstaan ek glad nie: Regter beslis polisie is onbevoeg (“vergrype kos staat”), maar dan sê woordvoerder van polisie dat hulle sal bepaal of die gebruik van 'n vuurwapen om jouself te verdedig redelik was. RÊRIG???



Neckartal-tender wat 2,8 miljard was, kos die belastingbetalers nou 4,8 miljard en dit oor vrot bestuur en nie-betaling van die regering? En dis dieselfde vir ander projekte soos paaie, luukse geboue, ens. Ens. Daar is nie een staatstender wat nie op die einde dubbel die tenderprys kos nie. A nee a, koppe moet rol, mense moet verantwoordelik gehou word en aangekla en gestraf word vir hierdie verskriklike onbevoegdheid en “mismanagement”. Mnr. Die President, waar kom jou “performance agreements” nou in? Viva Harambee!!!!



Moordenaars kom met moord weg, moor links en regs, maar dat jy nou net iemand skiet wat jou wil besteel. Groot, groot probleme . . .



Wanneer ek hoor van motorfietse wat deur Damaraland en Kaokoveld kompetiesie gaan ry, raak ek altyd bekommerd. Ek wonder of daar genoegsame beheer gaan wees dat die mooi natuurskoon nie geskend gaan word nie. Veral as motorfietse getoets word loop die veld deur en daardie spore bly vir jare.



Persoon van Olympia skiet vermeende gewapende boef, maar mag dalk self aangekla word. Goue reël: As jy ooit nodig het om jou vuurwapen op iemand te rig, dan skiet jy, anders los jy dit doodstil in sy holster. Besluit ook of jy aangekla en verhoor wil word deur 4 of gedra wil word deur 6. Die tipe van besluite is net joune en joune alleen. – SAP&H



Mr. Fredericks why would you say that blacks in Namibia are not racist? You live in lala land sir! And please refer to black people instead of the derogatory term blacks.



Swakopmund-munisipaliteit!!!!! Ons in Hage Heights betaal duisend vir grondbelasting en al julle ander insameling met geen “interlock” of teerstrate, maar die hele DRC is al ontwikkel, strate en ligte. Dis 'n spookdorp. Julle moet ander aptenare in julle stoele kry, want julle koppe moet rol.



Wat het geword van die energiebesparingsgloeilamp wat gratis versprei sou word aan die verskillende dorpe in Namibië? Ons in Bethanie het nog niks gekry.



Ministry of Finance, shame. Julle bly ook maar in die nuus met die gemors wat julle aanvang. Neckartal gemors, Jan Taks gemors, ens. Die gemors sal seker voortgaan, want wie sal nou die minister voor stok kry?



NEE, NEE, NEE vir 'n donkieslagpale! Waarom is die Chinese altyd betrokke by omstrede, oormatige en wrede uitwissing van veral ons fauna? Dis renosters, olifante, leeus, ietermago's, skilpaaie, haaie, walvisse, perlemoen . . . Om nie te vergeet van honde en katte nie. Nou wil hulle waaragtig ons donkies ook uitmoor. Waar gaan hierdie mense stop?



Keetmanshoop Home Affairs is baie pateties. Og, los daai “bad attitute” by jou huis. Og hene, dis tog erg.



Vra maar net . . . Die tradisionele Chinese genesers wat in hierdie land besigheid doen – Is hulle poeiers en pille getoets, gewaarborg of gesond? Loop die geld nie net ook landuit nie? Word Namibiërs nie ook maar siek gedokter nie?



Stampriet polisie, ons wil weet is die man wat in gewone klere die polisiekar ry 'n polisieman of wat is sy werk? Ons word gedreig met toesluit en saak gee goed. Hy kla oor sinnelose goed en meng met huishoudelik sake in. “Commander”, help asb!!!!



Die nors immigrasie-amptenare op Ariamsvlei-grenspos is al vir jare 'n steen des aanstoot. Swak diens! Toppunt van arrogansie was toe 'n amptenaar op Vrydag 1 Sept om 10:45 glad nie op sy pos is nie.

Hy kom net na 11:00 met 'n sak kos van buite af en deel ons mee dat dit sy teetyd is. Hy is in kantoor langsaan en ons moes wag tot 11:25. Op my vraag of dit die tipe diens is ­waartoe pres. Geingob die amptenare aangespoor het, was sy antwoord: Wanneer moet ek eet?



The recent incident where a Caucasian/pale skin racially abused a woman lawyer walking her dogs in Olaf Palme Street is a serious cause for concern and the culprit should be dealt with seriously.



Hoenders vol water, duur pryse. Daar is regtig 'n manier om dit te stop. Moenie dit koop nie! As die land se mense saamstaan en net die allerminimum koop, sal die pryse moet val. Pensioenarisse doen dit al klaar.





Gepraat van Gochas. . . Bepaal jul by jul werke, klim van jul selfone af en bly by jul werke. Los ander mense uit. Jou huis is self van glas. Dis aan die tannie met die skinderbek.



Unhappy. Social security. I sent my maternity claim in June. I requisted last week about it, they told me they did not get it. After a while I called again they told me they found the papers. They said I must call back on Friday. I did that. Have to call back again on Monday then call again on Wednesday, now it's authorized. Now for signing and deposit. Please, we used to get monthly salaries now we have to beg for money that we already paid in for months at Social. Can somebody do something about this? It happens to every woman going on maternity.



Is daar 'n plek langs die kus wat gedroogde, grofgemaalde seegras verkoop? Dit is 'n redelike goedkoop en baie doeltreffende grondopknapper. En 'n uitstekende werkskeppinggeleentheid.



Ek wil net weet of daar 'n finansiesfirma is wat my kan help geld leen op groot basis wat ek maandeliks kan afbetaal. Banke wil nie help nie.



John Fredericks, you are just classic. Your letter states stop the racism. But you don't realise your own racist statements in almost everything you write.



Goodheaven! It is a Godgiven thing for us the Earthly Guardians! With special emphasis on us as Namibians. There must be a hidden agenda or better a snake in the grass. We can sense all future actions of our politicians. It all started with R30 million meant for the dismantled SWATF in the then SWA/Namibia. Then came the so called unification of the warring forces - 100% biased and tribalistic. All in favour of one tribe. Then came the boreholes, died a natural death, case closed! Then came the farms! Where do you draw the line between the haves and the have nots arrogantly purchasing a farm for our first black millionaire with all due respect. How on earth did he qualify to get a resettlement farm whilst owning empires of properties all around the country and crowned with a fish conssesion lisence all in one direction. Katti, I admire your ability to achieve that much in such a short span of time. On the other hand, all on the gravy train of smooth sailing are 150% out of feeling with the reality on the ground. – Ron



We beg the ACC to investigate what is going on at the Ministry of Fisheries. Some people there are not qualified for the positions they hold and this is taking a toll on the administrative side of things.



Jy wat met Joos aangaan, gaan kerk toe en maak skoon jou brein. Bid vir jouself, gaan kerk toe en vergewe vir Joos. Etse.



Soek iemand wat kan help met wiskunde en natuur- en skeikunde graad elf.



Die “Governor” van die “great” //Kharas, ek was by u kantoor 'n paar dae gelede en wat 'n verrassing en blydskap om so 'n uitstaande leier te ontmoet. Iemand wat luister, raad gee en help waar nodig. Daie dankie dat u daar is vir ons, ongeag wie jy is.



Ek het nou weer so die vreemde mense se familiefoto's in Republikein geniet! Moet asb. nie toegee aan 'n paar boelies se misnoë en die foto's staak nie.



Eros orphanage in Heliodoor Street is a disgrace. Neglected gardens, rubbish everywhere. Surely the houseparents together with the children in their care should make sure that the grounds are kept spotless?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!