SMS'e vir 9 April 2019
SMS'e vir 9 April 2019

SMS'e vir 9 April 2019

". . . sien omval en vrek . . ."
Mandy Rittmann
In Vrydag 5 April se Republikein word daar beweer dat hierdie die ergste droogte sedert die 1800's is. Ek weet nie of mense bewus is van die drie groot droogtes van die 20ste eeu: die legendariese '20-ger- en '30-gerjare en die baie haglike '50-ger- en '60-gerjare en die een in die '80-gerjare. Ek het in 1960 as kind op ons plaas by Okahandja beeste met my eie oë sien omval en vrek. My pa het toe die meeste van ons vee na 4 amptelik beskikbaar gestelde weiplase in die Noorde geskuif. Daar het hulle gestaan vir drie of vier jaar. Mense het maar 'n baie kort geheue.



Mense, ons moet mooi let op Hage se sêgoed. Toe hy en sy knoeibroers van SADC vergader het, het hy as leier vir sy boetas gesê hulle het niks om oor skuldig te voel om lank (vir altyd) as bevrydingsbewegings te regeer nie. Net verlede week sê Hage ander partye is gewoond om te sê verkiesings word geknoei as hul sou verloor en dan volg onnodige hofsake. Die hele Namibiese staatsdiens en sy departemente is een Swapo-staat. Alle kamerade is in strategiese punte ontplooi om dié Swapo-kratiese staat te laat floreer. In verkiesings in Afrika, waar die staat speler en skeidsregter is, is die wenner al bekend nog voor die eindfluitjie blaas. Josef Stalin (1879-1953) het geglo in die totale beheer/alleenheerser van die staat, nes Swapo. “Stalin: it's not the voting that counts, it's the counting that counts”. – Namalander



Jy wat uitvaar teen die wildboer het beslis geen idee hoe boere sukkel om 'n bestaan te maak nie en wat dit kos om 'n plaas in stand te hou nie. Leë vat, hou toe jou kraan, dalk sien ons jou vir 'n volle aan.



Ek kan nie verstaan dat daar mense is wat dink diere wat in 'n sirkus deelneem is OK en goed versorg nie. Om enige dier in 'n hok te hou, totdat dit sy beurt is om op te voer, is wreed, maak nie saak hoe mooi jy sy pels versorg of watter fancy kos jy hom voer nie. Om dan nie eens te praat oor die ure (wat dae raak) wat daardie dier in 'n hok is op die lang paaie na die volgende bestemming. Kan nie glo dat mense in vandag se lewe nie die wreedheid van dit insien nie!



Lord we as a nation cry out to you for mercy. We repent of our evil, our corruption, our pride, our arrogance, our sin against you. Oh Mighty one of Israel! Even though the fig trees are all destroyed, our maize crops are failing and the fields are barren even if the flocks die in the fields and the cattle barns are empty! Yet will I be happy in the God of my Salvation. The Lord is my Strength! Lord give this song in the hearts of our farmers that they may be strengthened in You!



Wat gaan aan in Keetmanshopeloos? Die grondpaaie Köes en Aroab toe is na die reën nog in 'n beter toestand as die dorp s'n voor die reën.



Aranosters tref asseblief die nodige voorsorgmaatreëls. Orkaan Katrina is op pad Aranos toe.



Baie oulike foto van Chris Liebenberg van die wit mossie. My dogter is 'n voëlkyker en wil graag weet waar hy die mossie afgeneem het. Baie dankie dat jy dit met ons gedeel het.



Diereliefhebber. Jy wil wraggies sorg dat honderde kindertjies die sirkus ontneem word oor jou probleem. Begin dan ook sommer met 'n boikot teen slagpale en slaghuise, wat daagliks wêreldwyd derduisende diere slag. Word liewer 'n menseliefhebber en probeer iets vir jou medemens doen in plaas van hierdie gedurige hoogheilige gesanik oor diere.



Ons as erge diereliefhebbers en meer so hondeliefhebbers glo die regering kan al ons belastingbetalers 'n ekstra 2% laat betaal vir dierever­sorging. Gaan kyk net hoeveel maer, uitgeteerde en verwaarlose ,arme honde in die informele nedersettings doelloos rondloop en lê. - Rosy Swiegers



Waarom gee die regering nie gehoor aan ons smeke om ons ou mense bo 65 jaar wat nie 'n besigheid gehad het nie en steeds nie het nie vry te spreek van alle belastings nie? Ons kinders moet 'n perd en donkie opsaal om altyd die nuttelose aanslagvorms te gaan invul. Asseblief, asseblief! - Kalvina Beukes

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!