SMS'e vir 9 Augustus 2019
SMS'e vir 9 Augustus 2019

SMS'e vir 9 Augustus 2019

". . . duisende dokumente verlore . . ."
Mandy Rittmann
Asseblief MET, verwyder of gee ’n permit vir die olifantbul op plaas Soris nommer 213, Outjo wat nou al een maand lank my waterinstallasies se water laat uitloop. Asseblief!

Gebed vir die 5-jarige dogterjie. Hemelse Vader ek bid tot u, hou die dogter onder u vlerke. Here was haar ore en oë uit met u heilige bloed. Here, laat sy niks kan onthou wat daardie dag gebeur het nie. Was haar hart en verstand skoon met u heilige bloed. Maak haar van binne en buite skoon. Laat niks wat die duiwel daardie dag beplan het jou grootwordjare beïnvloed nie. Here, gee haar haar kinderlike onskuld terug, bring die glimlag terug op haar gesiggie. Jy is die skepper en geneser. Dankie Vader, dat jy al die werk aan haar begin doen het. Amen, jou naam moet geprys word.

Ek is ’n pensioenaris en het die pensioenkantoor geskakel om van ons back pay uit te vind. Persoon antwoord: "Ek weet nie. Dit moet nog gefinaliseer word." Hoekom tree hy nie met betrokke kantoor in verbinding om ’n antwoord te kry nie? Reageer en verstrek ’n antwoord asseblief.

Ek soek advies. Wil afskrif van huweliksertifikaat bekom. Skakel kerkkantoor en verneem kerke moes op ’n stadium alle huweliksdokumente na binnelandse sake stuur. Binnelanse sake sê al daardie duisende dokumente het verlore geraak (wat ek nie glo nie). Dit beteken ek het nie bewys van my huweliksbevestiging nie, en is dus nie getroud nie. Weereens patetiese diens van hierdie ministerie. Raadop!

Indien iemand weet hoe om die tydelike paspoorttekort tans te hanteer rakend buitelandse werksvisums skakel asseblief 081 311 8540.

Oor die Kieskommissie se beplande kraakoefening met die stemmasjiene (EVM'e): Is dit 'n onafhanklike persoon/persone wat hulle vir die oefening wil gebruik? Indien nie, sal ek ook nie die toets se uitslag vertrou nie. Kans vir outydse stembriewe lyk maar skraal, maar dalk kan vanjaar se uitslae wys die EVM'e kroek nie? Daar is in alle gevalle nie feitelike bewyse vir die aanname nie.

Op Lüderitz word tenders net aan families en vriende gegee. Dankie Council vir jul input. Daar is nog baie vrot appels (werkers) met companies wat al die tenders vir hul families gee. //Kharas Regional Council, kan ons ook voluntary kom werk, sodat al die tenders aan ons kan behoort? Jul tenders word nie meer geadverteer nie. Als word aan jul werkers gegee.

Lüderitz Town Council. Hoeveel erwe lê vir jare daar? Jy hoor net die eienaar bly in Suid-Afrika of Windhoek. Hoeveel Buchters soek erwe, maar inkommers kry gou erwe en hoeveel mense soek huise, terwyl daar mense is wat huise gekry het wat dit nie nodig het nie. Hul verhuur dit uit of verkoop dit. Hoeveel Council-werkers het erwe terwyl ander sukkel met erwe?

Die Windhoek Gimnasium-ouer wat Vrydagaand na die semi-finaal op die veld gestorm het om die skeidsregter te slaan, wat ’n absolute skande en verleentheid vir ons skool en jou eie kind. Jy is nie ’n aanwins vir enige skool nie. Alle krediet aan die twee WAP-seuns wat hom gekeer het op sy missie.

Laat my asseblief toe om die volgende afleidings te maak van die geskiedkundige moord op die vermoorde Avihe. Dit maak nou amper twee jaar. Die vermeende verkragter is in dieselfde tydperk vrygelaat. (History repeat itself). Maak julle (eie) sommetjies en siedaar. Saak opgelos! - Ronakin Adnarum Ott

Katrina Hanse-Himarwa. The labour law says that if you resign, you forfeit all pension benefits. This means that you don’t get full pension, only get paid out what you paid in from your basic salary. Not the package which includes all benefits like housing, travel and all the luxury allowances ministers get. I hope Calle remembers when paying her out. In fact, publish her detailed pay-out. The people have a right to know.

Vanoggend (Donderdag) op die westelike verbypad (rigting suid na noord) het die bestuurder van bakkie N 169-841 W my en verskeie ander mense se voertuie doodluiters op die skouer links van die geel lyn verbygesteek. Sit nogal die linkerflikkerlig ook aan die vir doel. Sjoe. Daar hoef seker nie elke 100 meter 'n padtekening te wees wat "yellow line driving" verbied nie? Hierdie klas van gewoontes, soos die lekker jagery op die "snelweg", kan maklik tot tragedies lei, soos nie lank terug nie inderdaad gebeur het.

Toyota Keetmanshoop, ek het my kar 7 Augustus daar laat diens. Dankie vir puik en goeie diens. Julle het baie goeie kliëntediens. - Nico van Lüderitz

Ek wil darem net dankie sê aan die dames by navrae Bank Windhoek, Maerua Mall. Julle is tops, die ander banke kan maar by julle leer wat diens is.Wil net weet wat het van Ocean View Super Spar se piesangbrood geword.

Dankie ek het jigsi-mur gekry in Windhoek. - 081 319 7614.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!