SMS'e vir 9 Februarie 2018
“. . .vir gerief van offisiere. . .”
Namibiese Weermag koop ’n spog wildplaas om vir die troepe bewaring te leer! Hoe absoluut absurd en belaglik moet die regering/weermag nog word? Troepe moet soldate word en nie natuurbewaarders nie. Net ’n naweekuitspanplek vir die generaals tot die plaas oor twee jaar vernietig is. Baie miljoene in die drein af. Geld wat baie beter benut kon gewees het.
Ojojo! Arme Oropoko Lodge en wildplaas. Ek is vrek bekommerd dat dit nou aan die weermag behoort. Binnekort is daar nie eens ’n ou meerkatjie te sien. Aai Namibië, waarheen is ons op pad? Ons mense roei dan alles uit wat net beweeg en dis nie sleg praat nie. Dis die reine waarheid. Moedeloos!
Hoekom is dit swaar om huise te bou en te verkoop aan mense uit laer inkomstegroepe wat kan bekostig om terug te betaal, Karibib munisipaliteit? Ons hoor net ander dorpe doen dit. Asseblief, doen iets vir ons! Vra maar net.
Year of reckoning? As a bona fide member of the ruling party I suggest the following: Restructuring and complete overhaul of SOEs and dissolve non-performing ones. Reshuffle Cabinet. Desolve entire useless A Team. Replace Procecutor-General, Attorney-General and Director-General of ACC with totally independent and non-party loyalist persons. Criminalise all forms of racist and tribalist tendencies in Namibia. Fight against corrubtion without fear or favour. Stop favouring Chinese nationals and make them obey the laws of our country or repatriate them to where they came from. Harambee omake!
Smaak my die grênt lodge buite Okahandja is vir die gerief van uitverkose offisiere se ontspanning gekoop. Die verskonings van Shilumbu is so flou soos “Uilspieël se klipsop”. Bewaring se alie! - T. van Lill
Die persoon wat die SMS gestuur het oor Okahandja wat so vuil is en in die strate kan jy nie ry nie, jy jok. Waar bly jy, seker by die ashoop? Die "potholes" is nou al meeste reggemaak. Sien ook die mooi in jou dorp raak of trek.
Shame on you to ask money from the business people to repair the road. What happens to the money you receive for rates and sewerage and water? Ask the people who takes the sand out of the river to pay. There is a lot of money if it is properly controlled and also ask the previous people that worked there before why they resigned.
Voortdurend word gepraat en geskryf oor Suid-Afrika se swak finansiële bestuur en korrupsie. Wat noem mens dit as hordes mense in die land nie kos het om te eet en nie ’n dak oor hulle kop het nie, maar die weermag koop ’n lodge vir miljoene dollars, terwyl hullle nie die honderde leeglêende soldate kan bekostig nie. Regtig! Dit kon lagwekkend gewees het as dit nie so uiters tragies was nie. In watse realiteit bestaan ons regering?
Gondwana, wonderlike projek met die groentetuine. Sal graag betrokke wil raak!
Tanja Bause, ek geniet jou artikels so! Enige moontlikheid dat jy ’n opvolg kan doen oor hoe die Gondwana-groentetuine gemaak word? Ons wil almal aan ons gemeenskap teruggee. Ek het oortollige sade. - Tanya
Wil net weet wanneer word die volgende in Khomasdal gedoen: ’n Dreindeksel wat nou al hoe lank oop regoor SOS Kinderhuis in Vaalhoek is. Daar beweeg baie skoolkinders. Die volgende is die sypaadjie van Vrolike Vinkies tot by Unam-kampus wat vol boomtakke en gras groei. Die laaste is die verkeersligte by Woermann Hyper. Help asseblief, munisipaliteit!
NHP, asseblief! Mieliepap het ons groot gemaak. Verwyder asseblief die advertensie wat sinspeel dat dit as gevolg van NHP is dat mense nie slegs mieliepap vir ontbyt hoef te kry nie. Daar is huishoudings wat dit nie eens kan bekostig nie. Dit is verwarrend en afbrekende inligting teenoor ons stapelvoedsel. - George Groenewald
Prys die Here! Geluk aan ons eerwaarde vader Willem Christiaan met die benoeming as biskop! Here, ons eer U! Ons is trots en sal vir u bid. Vader nogmaals baie geluk!
Ten opsigte van te lang vonnisse. Wonderlik! Dit raak by die dag meer lonend om ’n lewensbestaan uit misdaad te maak! Die (mense?) regte van moordenaars tel meer as die (verwoeste) lewe van wetsgetroue burgers. Tronkstraf dien nie as afskrikmiddel nie. Dis ’n welverdiende blaaskansie om die volgende misdaad te beplan. Viva menseregte.
Brandweermotor in Aranos daag op na 90% van huis uitgebrand het. Dis heeltemal slegte diens, maar dan moet jy kyk hoe die motor op en af onnodig in die nag rond ry. Raadslede moet asseblief daarna kyk of sekerlik is dit ook hulle wat nie hul werk doen nie.
Ek moes vanoggend mond-tot-koevert asemhaling toepas op my posstukke. Die arme goed het byna verstik in die stof wat in my posbus is. Gobabis NamPost, maak asseblief die posbusse skoon. Ek kan nie bekostig om my pos aan die dood af te staan nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie