SMS'e vir 9 Februarie 2021
SMS'e vir 9 Februarie 2021

SMS'e vir 9 Februarie 2021

". . .min tot geen rugby. . ."
Mandy Rittmann
"Vrywilligers speel klaar met slaggate": Is dit nou waarop dit afstuur? Die regering wat nie hulle werk doen nie (sal ook nie as iemand anders hulle werk doen nie) word in hul kwaad gesterk deur die publiek. Mooi, kry maar vir jou. Doen ook sommer alle instandhoudinge by regeringsgeboue, hulle wil ook nie! - Desmond Pick

Bitter min tot geen rugby is in die hele wye wêreld gespeel in 2019 nie, so Namibië is geensins uniek in die opsig nie. Voorts sien ek hulle (0.20 rugby) was afrigterloos sedert 2016. Lyk die NRU ook! - Robbie Thompson

Waterbestuursplan vir die Swakop, Bo-Omatako rivierkomgebied. Dis nou al die 6de plan. Vertel wat die plan is, sodat lesers hulle eie opinie kan vorm of gee 'n aanduiding waar oor die plan opgelees kan word.

Dr. Piet. Baie dankie vir die raad oor die wilde paddastoele. Wat egter van dié wat op grasperke opkom? Groete. - Peet Harmse

Kan iemand my reg help. Is dit reg of verkeerd: jy is ’n kind van die Here, maar jy is teen jou eie kind. Kyk eens nie na die kind nie, is die Here tevrede met dit? Lees van Handelinge 13 vers 10. Die kind het nie gevra dat hy op die aarde moet wees nie.

Ragel, ek wil net my dankbaarheid vir die goeie werk uitspreek wat speurder Van Wyk en sy span van Rehoboth doen deur die bees- en veediewe gou te kry. Sterkte aan julle. Soms is hulle ook gewapen, maar dankie vir Onse Vader wat altyd sy kind bewaar. Alle polisie val onder my dankie. Ek wil ook Karasburg se span, waar Van Wyk ook saam met sy span werk, bedank vir hul mooi werk. Sterkte aan almal. Jesus se krag is in julle bloed.

Ja. Nou is dit duidelik dat daar favoritism bestaan as dit kom by die rasse. Vir ons, die Namas, kan julle vinnig polisie stuur, maar kyk Vrydagaand se diens, omdat dit Tswana is, flippen worry julle nie. Kam ons met die selfde kam, asseblief.

Desember 2020 was dit presies ’n jaar dat die straatlig in Lateganstraat nie werk nie. Die verskaffer gekontak, maar geen reaksie. Met plaaslike polisiepersoneel gepraat. Het het gesê hulle het kontak gemaak en belowe om dit te herstel, slegs leë beloftes. Skande, sê maar net. - Duiwel van Outjo

Gochas, council werkers. Julle moet weet, jul werk vir die gemeenskap en daardie council behoort nie aan julle nie. Die nuwe councillors blaf ook maar net, of is julle ook soos die CEO wat nie tande het nie. Kry eers julle se werk in orde, dan sal dinge regkom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!