SMS'e vir 9 Januarie 2018
". . .net uithaal en betaal?"
Mense wat werkloos is, kyk op die webblad www.dw.com/eco@africa of www.doingyourbit.com na idees om geld te maak. In een Afrikaland word plastiekrommel bymekaar gemaak en diesel vervaardig; in 'n ander Afrikaland word papier van gras gemaak om bome te spaar; nog baie ander idees.
Republikein 4 Januarie - die leser wat weer verwys na die “slegs twee” swart gesiggies tussen 'n klomp wit gesiggies, asseblief, ons is moeg vir rassisme. Die Brave Warriors op pad Tunisië toe het geen wit gesigte. Voorspoed aan hulle. So, gaan braak gal tussen jou vriende en hou op om haat te saai.
Hoe meer ek van die Erongo-leeus hoor en lees, kom ek nie daaraan verby om te dink dat daar tog gekonkel is nie, want hoekom moet een party die wet se reëls volg om leeus op sy gebied uit te sit en in hierdie geval kom leeus sommer vanself - ongelooflik.
Hoekom betaal Kalkrand se pensioenarisse minder vir water en hier in Windhoek moet ons net uithaal en betaal?
Ek het die 22ste Desember by Ariamsvlei deurgegaan en die 2de Januarie weer terug sonder enige probleme. Ons het nie eens 10 minute gestaan nie. Dit was regtig vinnig met foto's wat geneem was en al.
Gepraat van vrugte en groente in supermarkte: Is daar regtig mense wat bereid is om N$39 vir een avokadopeertjie te betaal? Was geskok! Vrugte is onbetaalbaar duur.
Ek moet sê ek is ook moeg vir vrugte wat sleg is in die winkels. Vrot appels, maar prys bly dieselfde.
Republikein 5/1. Berig i.v.m. Hentiesbaai se verdrinking. Een feit in u artikel is verkeerd. Dit was nie 'n man op die strand wat die kinders gered het nie. Dit was 'n kind wat by die huis gerus het.
Die persoon wat 'n groot aktivis was vir die afbakening van duine en ligene aan ons kus is non-existing met die verval van die strukture wat daardie sensitiewe areas moet beskerm. Was dit onder Nacoma se bestuur? Met hulle grants wat hulle ontvang het (wat miljoene was) kon hulle nie begroot het vir die instandhouding van die strukture nie? Wie is nou daarvoor verantwoordelik aan die kus? Oral is kabels stukkend en slap en paaltjies wat omgeval het.
Rehobothers, hoe lank moet ons nog ly onder hierdie onbekwame werkers van Town Council? Magtig, ek dink dit het tyd geword dat ons inwoners moet sê genoeg is genoeg. Krag af, waterlose dorp sonder kennisgewing? Wat het geword van die 15 dae ná die vreedsame optog?
Skrywer wat kerm oor o.19 krieketgesiggies. . . Los die mense dat hulle hul sportsoorte geniet en ons land se naam hoog hou en hou op kerm oor wit en swart. Dis al vreeslik afgesaag.
Die MOE word deur die PS en minister soos hulle kombuis bestuur. Toets resepte uit, maar jy kan nie iemand se toekoms uittoets nie. Stel mense aan wat die land se onderwys reg sal bestuur. Dit is verregaande om onbeskaamd te sê: As daar 17 vakatures is, sal ek 6 aanstel. Wat doen TUN en Nantu?
Watwou! 80-jarige Chinees vir renosterhoringsmokkel gevang. Dié mense het wragtig geen skaamte en respek vir ons Namibië nie. Nee jong. Hou hulle tog in China, Swapo!
In Namibië is daar soveel mense wat selfmoordgedagtes het a.g.v. finansiële krisisse, werkloosheid, eensaamheid, depressie en baie ander oorsake. Die antwoord is Jesus. Hy sê: “Kom na my toe almal wat vermoeid en belas is en ek sal julle rus gee.” Sy liefde vir elke een wat worstel met 'n krisis is geweldig groot. Hy gee vir jou om, hy wil jou help, jou vertroos en jou bemoedig. Ja, Jesus Christus is lief vir jou, maak nie saak wie jy is nie en waar jy in watter put sit nie. Hy is altyd daar. Praat met hom, roep hom aan hy sal antwoord.
Windhoek-munisipaliteit, maak plan met die dreine wat oorloop. Windhoek stink. Kry julle nie skaam nie?
Dis vir my 'n teleurstelling om te sien hoe Narraville se mense hul rommel rondstrooi agter die fence. Hoekom word die mense nie beboet nie?
MTC now in Tsumeb free? The whole town painted MTC blue. Who is scoring on this deal? Need proof? Drive around Tsb. – Tom, Tsumeb
Ek wil tog vir die dame wat by Gibeon se poskantoor take away verkoop, sê baie dankie vir die omgee vir oumense. Dankie vir jou mooi dienste, Imelda Nuses.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie