SMS'e vir 9 Julie 2019
SMS'e vir 9 Julie 2019

SMS'e vir 9 Julie 2019

". . . 'n wyse besluit."
Mandy Rittmann
Ek verstaan die regering se punt oor salarisverhogings vir staatsamptenare. Maar ek moet egter vra: hou dieselfde argument nie water vir die parastatals ook nie? Keer op keer word parastatals soos Air Namibia (700 werkers), RCC (400 werkers) en NBC uitge-bail. Hoeveel miljarde Namibiese dollar is in die laaste paar jaar in daardie bodemlose put af om ’n baie klein persentasie van die bevolking se jobs te red? Ek sou dit nog tot ’n mate kon verstaan as die parastatals noodsaaklike dienste gelewer het, wat niemand anders kan lewer nie, maar dit is nie die geval nie.

Ek is aangenaam verras deur die regering se insig om nie salarisverhogings aan staatsamptenare te gee nie. Die ekonomiese druk wat dit op die land se burgers sou plaas in die huidige klimaat en die effek wat die droogte eers later sal wys, maak dit ’n wyse besluit.

Waar in die Bybel staan geskryf dat manne met manne trou of omgang kan hê? Waar staan in die Bybel dat voue met vroue trou of seksuele omgang kan hê? Gee my net een enkele skrif uit die Bybel. Dit sal ’n ramp wees as dit in my/ons land Namibië moet gebeur. Sien in my huis twee getroude manne. Sien in my huis twee getroude vrouens. Skandes! Dit sê my net daar stop voortplanting period. Geen groei van ons nasie nie. Ons kan dit nie toelaat nie. Punt.

Bankrupt RCC bailout plan was an injection of 580 million from Chinese company, Jiangsu Nantong in exchange for lucrative 47 percent of contracts for the next 5 years? Is this for real that Chinese stand in for RCC salaries and Namibians don’t get work? How low can you go?

Ek was vir jare op die padvervoerraad en al ons grondpaaie was altyd ’n plesier om te ry, maar dit lyk nou soos plaaspaaie en geen onderhoud word gedoen deur die regering, want hulle het die geld uitgemors. Ek kry behoorlik skaam om te dink toeriste moet betaal om op ons paaie te ry. Wat ’n skande!

2% van jou salaris mag aan die regering geskenk word vir droogtehulp ens. Daar is skynbaar ook ’n ondergrondse dinkskrum besig om te kyk na ouers met minder as vyf kinders vir wie daar nog gesorg word, om dit te vergroot na vyf by wyse van aanneming uit gemeenskappe waar erge armoede heers. - Junior Swith

GRN beware of Chinese influence in Namibia! Don’t sell out our country! Look what's happening in Cambodia, Myanmar and Sri Lanka.

Asseblief, los tog nou die Voortrekker-sage en die onwettige houtoeste. Ons weet ons word deur ’n misverstandregering regeer. Mis in Duits beteken gein, die res is peanuts.

Hilda Basson-Namundjebo sê ons moet hande klap vir wat Mannetti so ver vir die Brave Warriors gedoen het. So sy volgende mandaat sal wees om vir die Wêreldbeker te kwalifiseer. Lag!

Spitzkoppestraat in Hentiesbaai raak nou naweke, vakansietye en ander dae die nuwe motorfiets- en voertuigrenbaan van die dorpie. Hoop waarlik die munisipaliteit plaas drie spoedwalle daar. – DK

Ons as die gemeente van Aranos, Bet-el Lutherse kerk is nou so uitgeput van finansies. Elke naweek is daar funksies, maar waarheen gaan die geld? Die aanneming is N$1 000 en ’n toer is N$1 200, maar daar word nog geld gemaak. Dit is hel, ons kan nie meer byhou nie. Help asseblief!

By die dam waar ons karavaan uitgebrand het, nadat die weghol-braaivleisvuur per abuis met ’n 20 liter kan petrol geblus wou word, is deur genade darem nie alles vernietig nie. Die rims en bladvere het gelukkig net swart gebrand. - Sonja Brandt

Mense kla knaend oor salarisse. Lewe volgens jou inkomste. Koop wat jy kan en nie wat jy wil najaag nie. Bly weg van uiteet en wegneemetes en maak self gesonde kos, want dis goedkoper. Raak ontslae van jou krediet- en ander kaarte, want jy hou nie tred met jou skuld nie. Don’t compete with the Joness. Ons ouer geslag het ook sulke dae gehad, maar het oorleef omdat ons bogenoemde gedoen het.

Die persoon wat kla oor Johrne van Huysteen, skakel net oor na ’n ander kanaal. Niemand verplig jou om na hom te luister nie. Party van die ou mensdom kla regtig onnodig oor alles.

Gasit Windhoek. Dankie vir jul puik en vriendelike diens. Jul is tops! Ander besighede kan by jul gaan kers opsteek wat uitmuntende diens betref.

"Namibië, jy is volgende": Ek was ook ’n slagoffer met ’n interview toe gevra is hoekom is jy nog ongetroud.

Die 3de het my suster vanaf Windhoek na Upington met die Mainliner gery. Sy dra haar dankbaarheid oor aan die bestuurder wat haar so pragtig gehelp het.

Ek het ene MK Itana se bestuurslisensie opgetel by Rank 27, Khomasdal, Sondag. Kontak my by 081 703 6959 asseblief.

Ek is nog steeds op soek na seunskoolskoene asseblief. - 081 669 8965

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!