SMS'e vir 9 Junie 2020
". . . nog vis oor . . ."
Ek verstaan nie waarom 'n mens iemand moet doodmaak nie. Wat baat dit jou en wat bereik jy daardeur? Jy is nie 'n hero nie, jy is 'n moordenaar. Niks, maar niks gee jou die reg om iemand se lewe te neem nie. Dit is nie vir jou om daardie besluit te neem nie.
?Hoekom net moorde in die verlede van die land en wat van die moorde in die hede van die land?
?Hoe is dit moontlik dat hofsake keer op keer, telkemale uitgestel word omdat die landdros weereens nie opgedaag het nie? Betaal ons belastingbetalers nie daardie landdroste om elke dag te werk nie? Dit is totaal onaanvaarbaar dat mense elke keer verlof insit net om in die middag te hoor dat die landdros nie opgedaag het nie. Ondersoek asseblief.
?As jy 'n leier is, moet jy na almal luister en hulle respekteer. Gibeon-leierskap is nie so nie. Praat met julle leier, begin by CDC. ?Ag, is Covid-19 nie 'n wonderlike verskoning vir al die deugnikse nie, om al die aandag af te lei van hulle eie onvermoë. Groetnis. – Neef Hans
?Die viskwotas wat toegeken is, laat mens wonder. Dat daar nog vis oor is om te vang, is 'n wonderwerk. Namibië het ten tye van die koloniale era van die rykste visbronne ter wêreld gehad, maar Swapo het mos visvangregte aan lande soos Swede belowe in ruil vir geldelike ondersteuning tydens die vryheidstryd (bosoorlog). Vandag word sardyne ten duurste onder andere van Mexiko ingevoer vir werkskepping en 'n swak produk vol skubbe en duur, dan moet die belastingbetaler nog die oorlogsveterane 'n salaris betaal. Swapo spog met miljoene om self hul nuwe hoofkantoor van 70 miljoen te finansier. Mens wonder hoeveel daarvan kom van Fishrot af. Die paar manne tans in die tronk is 'n druppel in die emmer. Jammer daar is nie meer Nelius Beckers om die bedrog tot op die been oop te vlek nie. Ek dink mens sal skrik vir watter name nog sal opduik. – Johan?Elkeen wat rassistiese aanvalle wil doen of nagmerries kry bykans 30 jaar later oor Henties se galg, is maar net bang dat hulle ook hul bestaansreg kan verloor. Maak die gedenkplaat groter om alle morsjorse, vroueslaners, dronkbestuurders, korruptes, wildstropers ens., ens. te akkommodeer. Sluit sommer daarby in almal wat voor 12-uur alkoholvrye bier verkoop, terwyl ons nou in die belaglike rond spartel.
?Toe die galg in 1978 verrys het, het ons die skerpsinnige humor daarvan geniet. Ek was nie verbaas toe dit 'n besienswaardigheid geword het nie. Diegene wat rassistiese ondertone hierin wil sien, moet introspeksie van hul eie inherente beskouings doen. As alle Namibiërs volkome kan uitstyg bó apartheidsvooroordele van die verlede, sal ons as nasie kan groei tot volwassenheid. – Petrus Krige, Hentiesbaai.
?Die berig oor Henties se galgehumor laat dink 'n mens aan opperste rassisme en morsjorse. Wil julle nie sommer Hentiesbaai verander na Spokiesbaai nie. Hé, burgemeester? Of praat julle dalk namens BBP's (baie belangrike persone)? In my lang lewe van 72 jaar het ek nog nooit sulke kleinlikheid ervaar nie.?Republikein, 5 Junie 2020, bladsy 3, Hentiesgalg: Die galg is simbolies vir reiniging en skoonmaak of skoonhou. Behou die galg en toeriste kom in, en verwyder die galg en toeriste bly weg. Anders moet ons alle simboliek verwyder regoor Namibië. Mogamat Salie Saban vra dat die galgtou moet bly.
?Die berig van Kristien Kruger was baie insiggewend en baie goed geskryf! Hoop ons kan nog baie van haar lees.
?Uitstekende berig deur Kristien Kruger. Voorspoed met jou werk.
?Belde styf trek, spaarsamig lewe, mekaar help, gesondheidsriglyne volg. Almal en sy hond preek dit. Walvisbaai munisipaliteit besluit nou is die regte tyd om party inwoners te stamp met 'n wateraansluitingsrekening wat blykbaar verval het. Kan iemand met finansiële kennis asseblief dit vir ons verduidelik. Die rekening is 20 plus jaar oud. Die bedrag is presies ons pensioen N$1 300. - Kenny Bok, Narraville

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie