SMS'e vir 9 November 2021
"...nie Swapo nie."
Is ek verkeerd? As die staataanklaer noem dat net N$6 miljoen van N$50 miljoen na Swapo gegaan het, behoort die bedrag nie 'n verskil te maak nie, maar die feit dat almal behalwe Swapo wat [na bewering] voordeel van die geld gekry het voor die hof gedaag is, maar nie Swapo nie.
Die Fishrot-skandaal is ’n riller, maar enigeen wat voordeel daaruit getrek het, is skuldig of is die een wat meer geld gekry het skuldiger as die ander wat minder gekry het? Vra, want staataanklaer wil punt maak om te bewys dat Swapo minder gekry het as ander?
Los tog nou die Lühl- en Delgado-gesin in vrede. Kyk liewers na mense sonder grond, water, toiletgeriewe, swak hospitale, skole, honger mense en kinders wat weggegooi word. Wat sal die lieflike gesin tog verkeerd doen? Gee die mense asseblief ’n kans.
Kombi's tussen Gainachas en Keetmanshoop - alles is oopgemaak, wanneer kom die pryse af? N$90 een trip is te veel, dan moet jy combo en parcels ook bybetaal. Waarna toe is die aarde op pad. Kry mense jammer, julle sal nie oornag ryk word nie.
Ons wat rond loseer. Ek vra myself hoekom is elke huis ’n toorhuis, liepe heupe.
’n Private maatskappy wat voel al werk jy vir 26 jaar en as jy aftree moet jy maar met 'n rônne nul uitkom en die jare, maande, weke, dae, ure, minute en sekondes wat jy staan en gemors het? Hallo, hoe laat is dit? As die dinge so gaan, soek ek my uitbetaling. Calculate vir my hoeveel se bedrag se uitbetaling moet ek kry.
Hostel op Keetmanshoop, hoekom het die seuns se blok nie deure met slotte en bulbs nie. Dis nou weer tyd wat kinders se goed gesteel word. Wonder of die kinders ooit met klere sal terugkom.
Ek wil graag weet. Daar is ’n sekere company wat skale toets en as hulle ’n rekening stuur, dan is die bedrag wat jy as besigheidseienaar moet betaal dieselfde as ’n nuwe skaal. Nou ek wil weet, kan dit reg wees? Ek bedoel, as dit so aangaan hou jy nie op om ’n skaal te koop nie. Waar trek ons die streep? Jou inkomste krimp deur skale se toetsing.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie