SMS'e vir 9 Oktober 2017
SMS'e vir 9 Oktober 2017

SMS'e vir 9 Oktober 2017

“. . .werk hard aan 'n droom. . .”
Mandy Rittmann
Padveiligheidsagentskap. Dit gaan maar net weer 'n bodemlose put word, waarin belastingbetalers geld gaan pomp en niks gaan verander nie, want NaTIS bly maar korrup en beamptes by padblokkades doen nie hulle werk nie en drankadvertensies bly langs ons paaie.



Air Namibië vlieg teen 'n verlies, maar nou vra ek. Mens vlieg 1 uur van Lüderitz na Windhoek en jy vlieg bietjie meer as 'n uur van Windhoek na Oranjemund. Jy kry volle ete en koeldrank of sap. Jy vlieg 30 minute van Oranjemund na Lüderitz, maar jy kry koeldrank of sap. Is alles nodig? Sny alles uit en sien die besparings.



Ek wil weet of natuurbewaring ook my skade gaan regmaak wat die olifant gebreek het. Lyk my net sekeres word gehelp. Minister van natuurbewaring, ons soek 'n antwoord.



Teleurstellend en hartseer dat sewesrugby moet onttrek van kwalifikasie vir 2018 Wêreldbeker en Statebondspele omdat daar nie geld is nie. Senior vroue veldhokkie, sowel as onder 18 meisies, moes beide onttrek van Statebondspele-kwalifikasie oor geldtekort en gebrek aan borge. Sportmanne en vroue werk hard aan 'n droom om aan so 'n groot geleentheid deel te neem. Waarskynlik net een keer in jou lewe om net te hoor: Jammer, ons onttrek! Daar is nie geld nie!



Ek wil graag weet hoekom 'n mens moet TV-lisensies betaal vir TV's wat vir CCTV gebruik word. Nie eens NBC kan 'n mens 'n antwoord gee nie! Ek sê maar net!



My vraag aan die direkteure van die NBC is: Betaal 'n mens dan nie vir dienste wat jy ontvang nie? Hoekom doen julle nie opgradering van jul kanale nie? Stel NBC 1, 2, 3 en One Africa tot beskikking van alle kykers van NBC in alle streke se dorpe, klein plekkies soos Gibeon, Gochas, Stampriet, Amperbo, Kriess, Asab, Maltahöhe en nog veel meer, dan is dit mos regverdig om so op te tree. - Sophie Samuels, Gibeon



Ek verwys na 'n berig in Republikein van 5 Oktober 2017 in verband met Pluto. Op skool het ons geleer dat Pluto 'n planeet is. Paar jaar gelede is ons laat verstaan dat dit nie kwalifiseer om ene te wees nie. Nou moet die weten­skaplikes hierdie slag met die volle waarheid voorendag kom! Is Pluto 'n planeet, aldan nie? - Ouer van Omaruru



Wie op aarde is verantwoordelik vir die miloketer afstandgemors? Wat kan ons nog vorentoe verwag? Wat de dinges is verkeerd met "km" vir kilometer? Kan die oorsprong van die veranderinge aan ons demokrate verduidelik word. Asseblief!



Wonder maar net. Kan MTC-kompetisie nie hierna na iets nuuts kyk nie. Twee miljoen kliënte, 11 wen karre, wat nie eens 'n N$1 000 tot kompetisie bygedra het nie. Twee miljoen sit maar nou. Maak kontantpryse van N$10 000. Laat meer kliënte wen. Asseblief!



Baie geluk aan Jermanneke met 'n baie goeie weerligfoto op die voorblad. Dit verg geduld en goeie tegniek om so 'n foto te neem. - Johann



Senior burger wat nie probleem met betaling het. Verlang tog groot asseblief 'n godsdiens­program met gospel musiek, ook nuwe programme wat nie reeds al gespeel het nie. NBC, kyk daarna en julle maak burgers gelukkig. Sterkte.



Verwysend na die brief oor die Bybel se feitelikheid deur Andre Smith op 4 Oktober net die volgende: Dit is logies dat 'n boodskap in dinamika verander sodra dit enigsins verander word. Om feitelikheid te verdedig is irrelevant, omdat veranderde weergawes van die Bybel nooit moes toegelaat gewees het om die lig te sien nie. Dit kan dalk deel wees van die feit dat daar maar weinig Christene is met outoriteit, omdat hulle skynbaar nie weet wat hulle magte en regte in Christus is en waarvoor Hy betaal het nie. Dink dis baie beter om op gesamentlike mag te konsentreer as om oor onsinnighede te verskil. Die lewe wat ons het, kan verbeter word.



Die bruide wat hul trourokke uit die RSA bestel, moet by my kom kyk hoe slorderig dit gemaak is en dan kraak hulle ons ontwerpers ook nog af. Meeste van die gekoopte rokke is deur amateurs gemaak. Gee ingevoerde trourokke die bruid status? Glo dit nie.



Windhoek Skouvereniging, jul behoort jul te skaam dat julle duisende dollars in die lug in blaas terwyl boere swaar kry na die droogte en baie mense nie werk het nie in die moeilike ekonomiese tye. Hoekom skenk julle nie die geld aan 'n fonds wat verligting kan bring nie?



Ek is regtig bly dat daar iemand is wat kla oor Sanlam se swak kliëntediens.



Gabis, 'n klein sendingplekkie in Karasburg, het krag, kerk en winkel. Ons van Groendoring en Daunaib 1 en Daunaib 2 soek ook krag.



Kinders, kinders. . . Nee, antwoord tog die vraag reg! Wat is 'n goeie onderwyser? Moenie ophou slaan nie, jul makeer pak, want julle kinders het nie respek. Arme onderwysers.



Lekker ou outonoom. In die dae van Dap Isaacks het ek gehoor 'n dorpsraad is 'n outonome liggaam en niemand kan hulle sê wat om te doen nie. Snaaks as hulle so loop en "lobby" om wat en wat vir die dorp te doen, dan is hulle nog mense, maar as hulle gekies is, dan is hulle onaantasbaar. Ons het alles gehad. "Bulldozer", lorries, padskraper. Nou het ons niks om mee te werk nie en ons het net hofsake oor menseregte. Blykbaar het ons missie verander na 'n menseregte-organisasie. Lekker ou outonoom lyk meer na "automatic". Die werk sal self gebeur.



Dit is goeie nuus oor verhogings vir sekuriteitswagte en huiswerkers, maar wat van plaaswerkers? Is dit nie hoekom plaasboere vermoor en beroof word?



Agree that corruption along with incompetence, miss management and self enrichment all with no consequences or prosecution are the biggest contributers of Namibia downward spiral at top speed! And the goverment is doing absolutely nothing to stop any of it! What does that spell out?



God created according to Genesis 1:26 what is termed in Hebrew as Adam and if translated correctly it means humankind. God did not created a single man known as Adam but the human race. It means when Cain fled in Genesis 4:16 he met other people who were also created by God.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!