SMS'e vir 9 Oktober 2020
SMS'e vir 9 Oktober 2020

SMS'e vir 9 Oktober 2020

". . . soos stomme skape . . ."
Mandy Rittmann
Bravo, Willem de Wet! Beter kon niemand dit stel nie. Die amper N$300 miljoen se skenkings vir Covid-bekamping spreek boekdele waarom ons nog steeds soos jy sê, soos stomme skape beheer moet word deur breinlose leiers wat die arme bevolking blinddoek deur Fishrot en soortgelyke diefstalle goed te keur en tien teen een te orkestreer. En Werner Struebing, niemand kerm nie. Party van ons het breinselle om nie alle snert te glo nie en veral waar vryheid bedreig word ’n bietjie dieper te delf. En die ergste van alles is die feit dat die kwesbaarstes, die wat tydens verkiesings die breinlose leiers verkies, die swaarste kry. Soos jy sê Willem, so kan dit wragtig nie aangaan nie.

Ja, daar is dit. Jy slaan die spyker 100% op die kop met die rede vir die naamsverandering van Ester Brand straat. Dis net nog ’n walglike mors van geld.

Maandag se Republikein beweer Kawana sal slegs kwotas aan Seal Products toeken indien 40 persent na SPYL toe gaan. Sosialisme? Dit lyk vir my na bedrog of afdreiging. Is hy ook besig met gemene spel soos sy voorganger? Ek kan nie daarmee saamgaan nie.

Na Rooi Olifant se brief in vandag se koerant besef ek die waarheid. As Rehoboth, Mariental, Keetmanshoop en Gobabis saamgevoeg word, is hulle nog meer agterlik as Oshakati en Ondangwa. Al die ontwikkeling in Namibië is net in die Noorde. Waar is die mense van die Suide se stem?

Minister van sport, dit is totaal onvaspas en miskien ook oneties om direk met nasionale en internasionale sportliggame te skakel en druk uit te oefen. Waarvoor is die hopelose NSK daar? Raak ontslae van hulle as hulle nie sportbeheerliggame kan tot orde roep nie. Uiteraard push ’n groep maar altyd hulle eie agendas en die minister sal blootgestel word. - Robbie Thompson

Nee, dis nie die kieswet wat bepaal hoe en wanneer kandidate vir streeksraad- en munisipale verkiesings moet bedank nie. Dit is die Streeksraadwet en die Plaaslike-owerheidswet.

As die regering ons verplig om maskers te dra, sal dit baie help as ons regering ook pryse vir maskers reguleer. Ons kan nie byhou met maskerpryse wat ons moet betaal by winkels nie. Minister van gesondheid, tree asseblief op/in. Iemand ondersoek asseblief pryse by winkels. – Maskerdraer

Nou, voor die verkiesing, word huise skielik opgegradeer, maar dit werk al 30 jaar vir Swapo. Ons is mos ’n redelose nasie.

Hoekom is Swakopmund se vuurtoring buite werking?

Ek is by ’n besigheidplek verbied om met handskoene aan die winkel binne te gaan. Kan iemand my sê wat is die doel daarvan. Plastiese handskoene.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!