SMS'e vir Dinsdag 2 Mei 2017
“...ons toi-toi by jou kantoor...”
Ek is ook ’n slagoffer van die permitkantoor en om die minste van die nuwe kantore te sê, is dat die bestuur van RA hulle moet lig om te kom kyk in watter haglike toestande hierdie mense moet werk. Een dame is verantwoordelik vir die hele land se oorgrenspermitte en ’n ander een vir die abnormale permitte, terwyl die hooggeplaastes in weelde sit. ’n Ander probleem is dat daar geen parkering is nie en al die applikante kan vervolging in die gesig staar. Die vraag is net, beskou die bestuur hierdie mense as mense of diere? Nee magtie, kry julle huis in orde. Kom mnr. Lutombi, maak ’n plan asb. Ek stem saam met Pap Wiele. - Dave Viljoen
Die klanksisteem binne Hosea Kutako-lughawegebou is so oorverdowend en onduidelik gestel dat geen mens ’n woord kan uitmaak nie. Dit is skadelik vir mense se gehoor. Kan iemand tog asb toesien dat dit funksioneer, reggestel word en dit so hou.
Mnr. die operateur wat huidig die rioollorrie van Koës dorpsraad bestuur, hou tog asb op om die spesifieke pad nat te spuit met rioolwater. Soos u self weet is dit uiters gevaarlik vir ons wat die pad gebruik. Dankie.
Damara-seun wil van Herero en Namas weet: ek soek regeringsplaas om te boer omdat ek in Namibië gebore is en hier grootgeword het. Kan julle my sê waar was ander nasies toe julle plase afgevat is?
Your Excellency Mr President. Re: NEEEF. It requires white owned busineses to give 25% to a black person. Question: is that not discrimination? U did not tel the black owned busineses to donate 25% to a white person.
Ek wonder hoe jy gaan voel as ons toi-toi by jou kantoor. Lees jy nooit koerant of enige van jou personeel?Ons soek antwoorde en ons geld. Jy het tog genoeg geld. Hee ons retensiegeld of sien hoedat jou kantore omgekeer word. Kry jy nie skaam of is jy so ongevoelloos?
Dit is skokkend! Ek het dit al voorheen geplaas in die Republikein van 1 Maart 2017 dat my arbitrasie op 14 Maart 2016 plaasgevind het. Ongeag klagtes by die ombudsman en selfs dagvaardigings deur prokureur, geen vordering nie tot op hede. Intussen gaan ons finansieël agteruit en plaas dit groot druk op ons gesin. Omdat ons blank is, beteken dit nie noodwendig ons is welaf nie! Ons het ook kinders op universiteit en skool waarvoor ons self moet betaal en nie die staat nie. Ons moet seker aanvaar dat hierdie pogings van ons tot ’n bevooroordeelde uitslag sal ly, maar ons sal dit nie daar stop nie.
Regtig? En nou gaan die lughawegebou toemaak oor daar te min doeane by paspoortbeheer is? En die vliegtuie gaan nie meer opstyg oor dit? Ag nee, mnr./mev., kry iets anders om oor te kla. Lewe gaan aan sonder jou wat nie sommer gou weer gaan vlieg nie.
Waarom sit baie kerkgangers by die ingang van sitplekke dat ander by hul moet verby skuur?
Edo! Was Damaras en Basters nie ook in Duitse oorlog nie en wat van Boesmans? Edo amase.
Regering moet asb ’n sentrum bou buite Windhoek vir kinders wat hulle ouers aanrand, sodat hulle daar maniere gaan leer.
Help my asseblief, wat is die verskil tussen ‘n bank en ‘n bouvereniging?
Rehoboth-polisie, dwelms loop weer in Blok E rond.
Ek lees graag van jou, Joos Platt. Dankie dat jy nie antwoord op SMS’e nie. Behou jou waardigheid, want jy is ‘n waardige man. Jy verdien respek. Ek weet dat jy almal respekteer. Dronk of nugter. Jy is ‘n unieke mens. Hoop mense los jou uit. Onthou, mense soos ek staan bankvas agter jou. Khomasdaller. Volbloed.
Die persoon wat Donderdagaand so onverskillig gery het op die westelike verbypad, dit is hoekom daar so baie ongelukke is. N 17114 W en die tyd was 18.13. Jaag soos ‘n maniak en steek sommer ander voertuie aan die linkerkant in die geelstreep (wat ‘n noodlyn is) verby. As jy nie wil lewe nie, dink aan jou medepadgebruikers.
Dear Hon Schlettwein you are promising tax relief but when you visit the Inland Office the system is off so no one can tell you if you actually owe taxes and to phone is a lost cause because no one answers a phone in the Ministry of Finance. What is the purpose?
Geluk aan Rössing wat die blink kant bo hou met hulle produksie. Hulle moet net ‘n slag die eks-werkers se regverdige deel van die RPF surplus uitbetaal en ophou speel vir tyd.
To all government officials from top to bottom: it seems you forget - please remember that you are in your positions to serve the people not the other way around. WE pay your exhorbitent salaries!!!
Ons van die outyd het nie skool gekry. Ek ry nou 60 jaar sonder probleem. Skaam julle.
Dankie TransNamib vir die nuwe man op die stoel. Dis wat by Namibië kortkom. Ons “budget” sal uitstaan. Suid-Afrika is ‘n voorbeeld vir ons. Die dollar sal met die rand val.
Om halfryp/groen vrugte en groente ryp te maak, plaas jy dit op ‘n sonnige plek in jou huis. Draai nou en dan die vrug om. Nie teen ‘n venster waar die glas as vergrootglas dien en die vrug heel verskroei nie. Tamaties, papaja, pampoen, lemoene, mango’s en appels maak ek gereeld so ryp.
Op soek na ou langspeelplate en pouvere. Stokperdjie staan stil. Skakel of SMS gerus Este by 081 246 2163. Dankie.
A.g.v. omstandighede kan ek nie elke dag Republikein lees nie daarom hou iemand al die ou koerante vir my. Ek lees die naweek die koerant van 9 Maart 2017 en groot is my teleurstelling om te sien dat ons Afrikaanse koerant so verengels het dat dit net sowel ‘n Engelstalige koerant kon wees. Is julle dan nou ook besig om die Afrikaanse taal te verloën? Ek lees Jaques Burger se artikel oor depressie en wil mense aanraai wat aan depressie ly om kankerbosteete gebruik. Dit help vir my.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie