SMS'se vir 10 Januarie 2017
SMS'se vir 10 Januarie 2017

SMS'se vir 10 Januarie 2017

Ronelle Rademeyer
Ons hier in Reho sit met groot probleem. Ek het 17 jaar gelede ansoek gedoen vir Saambou en wag nou nog. Toe het Kuvukiland nog nie bestaan nie. Maar die mense ná my het huise gekry. Ek nou 63 jaar en wag nog vir 'n dak oor my kop. As jy nie familie in 'n kantoor het wat jou ken, te vergeefs… Hulle trek skouers op. So lyk ons councillors. Voorspoed vir julle met julle verskoning.



Ek stuur die SMS met die hoop iemand van Kosmos lees dit en gebruik die regte woorde. Dit grief my so dat ons nie ons taal suiwer kan hou nie. Kosmos, iemand gaan nie op verlof nie, maar met verlof of vakansie. Hulle gaan in Engels “on leave”. Van 'n Kosmos-luisteraar.



Ek soek tog iemand wat ekstra-klasse aanbied vir graad 11-leerlinge. Economics & business economics asb. Sal betaal. Laat u nommer in koerant Ek sal u bel.



N$3.5 billion scam, N$600 million paid into XCCS Forex account and Julius offers to pay between N$500,000 and N$2 million bail because his family will suffer if he is not there? Who is making the rules now?



Hallo mense, Dolphine is nie wat hy is nie, sê julle. So, kom en kom face die eienaars; moenie Republikein toe hardloop nie. Dis net 'n lafhard wat so iets doen. Maak by jou huis kos en los vir Dolphine uit.



Groot Aub se waterprobleem is nou erger. Ons kry nou glad nie meer 'n druppel water nie. Kan goverment asseblief ingryp. Ons kan nie so lewe nie. Groot Asseblief!



Na aanleiding van Katastrofes se SMS: Net so moeilik dit vir jou is om te verhoed dat jou hond snags nie ander mense wakker blaf nie, net so moeilik is dit om 'n kat net binne in 'n erf te hou. Probeer allergiepilletjies. Dit werk!



According to major Tjuvikua, deputy inspector general, if police shoot and kill a fleeing poacher “it is deemed justifiable homicide”, yet when a farmer shoots warning shots at a poacher and a ricochet bullet hits and by accident kills a repeated poacher, it is murder? Fair justice?



Contradictory that the Ovaherero ­lodging a genocide lawsuit against the Germans in USA court, who are one of the biggest culprits concerning genocide, after wiping out the American Indians and the few forgotten survivors live in reserves? Germany, the only country to ever pay reparations after a war, has pumped billions and billions of DM and euros into Namibia for many years, did the government share this with the Ovaherero?



Die Namibiese huis wat die regering van die dag kwansuis bou, wie het almal insae gehad in die opstel van die huisplan? Nou dat die plan op die tafel is, sien ons as die minderheidsgroepe dat daar nie eens 'n buitekamer op die Namibiese bouplan vir ons is nie. Nou dat ons ons vryheid van spraak beoefen en ons misnoë uitspreek, word ons beskuldig van “regionalism” en van rassisme? Namas rassiste? Jy kan nie mense se tradisionele en geskiedkundige grond afvat en aan ander uitdeel en verwag ons moet swyg nie! Of is Namaland nou die “spoils of war” van die bevrydingstryd? Namalander.



All these “presidential fan club” members must know that the people from the South are nobody's pushovers. Deal with it! Namaso.



Hoekom is daar nooit vlugtelinge uit die VSA, Swede, Switserland, Australië, Nieu-Seeland, Brittanje, Duitsland, Frankryk of Holland nie? SAP&H



Katte verbrysel in Kleine Kuppe: Mnr. Van der Merwe, ek is self 'n inwoner in Xanadu-kompleks. Rondloper-katte wat snags op my dak baljaar en honde (tot 3 per eenheid) wat dag en nag blaf. . . as die “body corperate” hul werk doen en die reëls afdwing, sal so iets nie gebeur nie. Ek hou by die reëls, geen troeteldiere nie! Ek is ook nou raadop. Ongelukkige eienaar.



Ek soek 'n lift vir my 2 seuns van Katatura na Khomasdal se MH Greef Primêr vir oggendtyd en dan weer middae van Maandag tot Vrydag. Sal einde van die maand kan betaal. 081 298 8914.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer