SMS'se vir 9 Januarie 2017
SMS'se vir 9 Januarie 2017

SMS'se vir 9 Januarie 2017

Ronelle Rademeyer
Net 'n eenvoudige vraag deur 'n doodgewone mens. Hoe is dit moontlik dat 'n Namibiër gelei en domineer word deur leierskap van die South West African People's Organisation. . . ? Ek vra maar net, want net die waarheid sal ons werklik bevry. In my eenvoudigheid dink ek dat die party ook van naam en styl moet verander.



Lesers, ek wil tog vra of daar nie iemand is wat my kan help met verf en kwaste en lap nie, ek is baie lief vir skilder op lap, ek het al baie skilderye in my huis. As u belangstel kan u eendag op Banhof by my huis na dit kom kyk. Ek lewe net van my welsyngeldjies, maar ek is baie lief om te skilder. Ek sal dit baie waardeer as iemand my kan help. Kontak 081 212 8085. Mevrou Mouton.



Halfway MacDonald, die hotel in Usakos, is nou al drie jaar onder konstruksie en steeds nie klaar nie. Bernhard Christ gebou is net halfway gebou, Funky Town by ou Turnhalle is ook net halfway klaar, van die Hardware het niks gekom nie en staan halfway. Al wat klaar is, is al die geboue wat pienk geverf is. Nee wat, ou Halfway, kry 'n slag klaar met al jou schemes, die mense van Usakos soek werk.



Onbetaalde rekening: Gaan reël met die winkel om 'n kleiner bedrag maandeliks af te betaal. Die meeste plekke help eerder vir jou as om te sukkel met terugvat en herverkoop. As jy weer goed op rekening koop, neem 'n klein polis saam uit. Die winkels sluit dit by hul pakkette in en dit help as jy om een of ander rede nie jou betalings kan doen nie. Doen los werkies van jou huis af soos kook- of naaldwerk vir 'n ekstra inkomste.



Eradication of poverty, how laud­able, however, this country needs a big change in attitude towards work and service delivery before there will be an economy with any hope of supporting all its inhabitants. How many people had to accept the fact that nobody could fix the water-leak or the telephone over the festive season - why? These are services of strategic importance for obvious reasons, yet everybody succumbs to the annual lethargy which is fast becoming a tradition. How do CoW and Telecom for example plan on addressing the backlog at the end of the hibernating season having left customers with unsolved problems when they downed tools in the festive spirit.



Katastrofes. Om aan te sluit by katastrofes, daai ou kon daai katte in die asblik gegooi het, maar het dit uitgestal as 'n waarskuwing! Jy kla, waarsku, dreig, als help niks, katte loop rond, honde blaf en eienaars vee hulle aan jou af tot jy breekpunt bereik! Wat het dan van my regte geword! Geen simpatie, dis op daai eienaars se gewete!



Persoon wat kla oor die stank in Burgershoek, dra u die boodskap oor na RTC om solank water, krag en riool aan te sluit, want die RHB Bastergemeente het klaar die hofsaak gewen van land grabbing. So, van Aprilmaand af kom trek ons na ons eie erwe toe. Groetnis, Great Uncle.



Waar is die polisie? Hoekom word mense aangeval by die perdestalle?



Ek is ook 'n getroude vrou wie se man sy skelmpies voorsien van geld en credit. Onthou, elke pad het sy einde.



Kan iemand ons tog dringend help met die identifikasie van die persoon met selnr 081 619 1028. Die persoon dreig my kinders, vloek en is uiters onbeskof in SMS'e. Ons ken nie die persoon nie. Of moet ons maar polisie toe gaan? Het die persoon geen selfrespek nie?



Onskuldige mense hardloop nie weg vir die polisie nie. Hy het gesoek daarvoor!



Stem saam dat katte 'n pes is en net soos enige ander huisdier in sy jaart behoort en nie die bure se lewe hel maak nie. Vandat my hond dood is, is my jaart die buurt se katte se kuierplek en toilet. Kan nie meer groente en kruie plant nie, want alles word bemors en eienaars voel vere!



In die goeie ou dae het ons vir 'n persoon gestem wat nie lieg en steel nie en wat die werk kan doen. Deesdae maak Vyfrand seker wie beheer die raad.



Chinese se 3,5 miljard bedrogsaak: Jinring sê hy kan nie dokumente in Engels teken nie. Hallo, 'n handtekening is dieselfde in elke taal!



Is daar nie iemand wat precast en pale verkoop nie? Is op soek na dit. O81 563 8583.



Sanlam Namibia, is dit waar dat uitbetalings deur julle aan voormalige SWAGM-lede gedoen word? indien waar, verstrek asb meer inligting, of is dit weer net 'n slenter?



Nee, nie Mnr. Swakopmunder nie. . . al die freakin trokke ry deur ons residential area die hele jaar. Tyd dat 'n truck port buite Swakop gebou word by die afdraai Walvis toe agter die duine. Is jy 'n Swakopmunder en bly jy in die trokraas-gebiede en wil jy met earplugs slaap? Wil jy elke dag innie vakansie as jy wil ontspan innie enigste verlof innie jaar 'n chopper se geraas hoor wat verby jou huis vlieg? Trokke wat Swakop supply is oukei, maar dan kry mens daai trokke wat direk na Walvis se hawe toe gaan. Veral daai Zambiese trokke en petrol/diesel-tenkers, dan ry daai trokke nog 24/7 by ouetehuis verby. Tyd dat die munisipaliteit iets doen aan daai trokke deur die woongebied.



Mnr. Poolman, dis raakvatwoorde en ek hoop almal het dit gelees. “Ek sê maar net” van Donderdag. . . dis waar, broer.



Polisiebakkie teen paal. Dit is hierdie staatsamptenare wat moet betaal vir die skade aan die voertuig en ander skade, en mag nooit weer 'n bestuurslisensie kry nie.



Ek stem saam met die leser oor Dolphin wat so agteruit gaan. Glo jy sowaar dat ons van Woensdag af 50 c vir 'n sak moet betaal en vandag het hulle nie eens papier om die wegneem-etes toe te draai nie!



In onse land mag jy glo aan van Baal tot Beethoven. Ook eet jy vir bulk en blêr, en ek vir blaf en miaau. Dan kwetter, kiep en kwaak saam, met runnik en balk daarby, terwyl snork en trompetter ook nog op die spyskaart wink. Ek sê, doen wat jou hand reg en jou binneste goed vind, die res is oeroue oorvertellings, kulture, gelowe en tradisies.



Daardie katmoordenaar moet ons afslag en vir die DBV skenk.



Mense wat so kla oor getroud wees en mans wat rondkuier en dié een en daai een is nou swanger ens. Hou jul huisprobleme uit die nuusblad. Almal stel nie daarin belang nie! Gaan Welsyn of Legal Assistence toe! Hulle hanteer julle probleme.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!