Smul by Purple Fig se extravaganza
Smul by Purple Fig se extravaganza

Smul by Purple Fig se extravaganza

Minette Brink
Daar is min dinge lekkerder as eet.

As dit ook een van jou gunstelingtydverdrywe is, moet jy nie die kos- en wyn-extravaganza in die hoofstad misloop nie.

Die studente van die Purple Fig-kookskool bied vandag by Take Note 'n verskeidenheid disse aan waaraan gaste heerlik kan smul.

Purple Fig bied sedert die begin van die jaar vir die eerste keer 'n driejaarkookkursus aan.

Vandag se geleentheid is 'n eerste vir die skool en volgens die eienaar, Roelien Esterhuizen, is dit ook hul geldinsamelingsprojek. “Die geld wat tydens die geleentheid gemaak word, sal gebruik word om ons toebehore op te gradeer,” sê sy. “Dit is ook 'n geleentheid vir die studente om te wys wat hulle die afgelope jaar in die kombuis geleer het.”

Die skool se prysuitdeling vind ook vandag plaas.

Alle eerstejaarstudente is verantwoordelik vir 'n kosstalletjie en moet 'n internasionale dis voorberei. Benewens die kos is daar ook stalletjies waar gaste kan kies en keur tussen 'n verskeidenheid produkte.

Daar is onder meer leerhandsakke, skoene, bokmelkkaas en koue vleis te koop. “Ons stalletjies fokus meer op handgemaakte kunswerke,” sê sy.

Toegangsgeld is N$40 per persoon en die deure maak om 16:00 oop. Vir meer inligting kontak Roelien by [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!