Smuts-beeld, -skildery by Cambridge verwyder
'n Borsbeeld en skildery van die Suid-Afrikaanse staatsman genl. Jan Smuts is stil-stil verwyder by die Universiteit van Cambridge.
Die Britse The Sunday Times berig die borsbeeld en skildery van Smuts is vanuit prominente ruimtes in die Old School-gebou van Christ's College verwyder as 'n uitvloeisel van die #FeesMustFall-beweging.
Smuts het met 'n beurs regte studeer aan dié kollege by die Universiteit van Cambridge en het talle pryse as student verower.
Die verwydering van Smuts se beeld en skildery volg op 'n beweging by die Universiteit van Oxford om 'n standbeeld van Cecil John Rhodes daar te laat verwyder. Die beweging om van Rhodes se standbeeld by Oxford ontslae te raak het gevolg op die #FeesMustFall-betogings wat Suid-Afrikaanse universiteite in 2015 geruk het.
Rhodes se beeld voor die Universiteit van Kaapstad is in dié jaar verwyder. Sy beeld is as 'n simbool van imperialisme en kolonialisme beskou.
Die verwydering van Smuts se beeld en skildery het aan die lig gekom met die verskyning van 'n boek essays, Dethroning Historical Reputations: Universities, Museums and the Commemoration of Benefactors, berig The Sunday Times.
John Shakeshaft, adjunkvoorsitter van die universiteitsraad, skryf in 'n hoofstuk in die boek Smuts was deel van 'n stelsel wat tot apartheid gelei het.
Shakeshaft voeg volgens The Sunday Times by dat die universiteit nie 'n tuin van herinnering is nie.
“Elke geskenk, naam, elke gedenkteken moet verantwoordbaar gehou word met die lewende doelstellings van die plek.” - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie