Sneeu val wyd oor Suid-Afrika
Sneeu val wyd oor Suid-Afrika

Sneeu val wyd oor Suid-Afrika

Wes-Kapenaars is Dinsdag begroet deur sneeu op die berge, en op plekke soos Sutherland in die Noord-Kaap het dit ook gesneeu. Sneeu kan vandag in dele van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal val. Koue, nat weer sedert Maandag oor groot dele van die Wes-Kaap en die suidweste van die Noord-Kaap het vir dik sneeu op die berge gesorg, veral op die Matroosberg naby Ceres. Sneeu is ook opgemerk op die berge by Worcester, die Swartberge naby Oudtshoorn, en die Outeniekwaberge by George. Die weerwebwerf SnowReport SA het Dinsdag berig dat ligte sneeu nog plek-plek in die Wes-Kaap en die Noord-Kaap kan voorkom, maar teen gister behoort dit heeltemal op te klaar. Vanoggend word sneeu in die noorde van Lesotho verwag, met ligte sneeu oor die Drakensberg in die suide van KwaZulu-Natal en die noordelike binneland van die Oos-Kaap. Teen Vrydagoggend kan sneeu verder suid in die Oos-Kaap – tot op die Sneeuberge naby Graaff-Reinet – voorkom. Foto Netwerk24/Matroosberg-reservaat

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!