Sneeustorm eis 7 in Alpe
Ten minste sewe mense is die afgelope naweek onder verskillende omstandighede in die Alpe dood.
Die BBC berig dat twee afsonderlike sneeustortings tot die dood van twee Duitse skiërs in die bergagtige Vorarlberg-deelstaat in Oostenryk gelei het. 'n Skiër is verder in die Pongau-distrik naby Salzburg, Oostenryk, dood en nog een in Beiere, Duitsland, toe 'n boom naby die dorp Bad Tölz op die persoon geval het.
Twee bergklimmers is in die Italiaanse Alpe dood en 'n sneeustorting het tot die dood van 'n jong vrou in Beiere se Teisenberg gelei.
'n Sneeustortingwaarskuwing op die tweede hoogste gereedheidsgrondslag is in die Oostenrykse Tirol-streek en Beierse Alpe afgekondig. Skiërs is intussen oor die moontlikheid gewaarsku dat nog sneeustortings kan volg.
TOERISTE GESTRAND
Volgens die Irish Examiner sê die owerhede in Oostenryk dat nog sneeu vir die volgende paar dae voorspel word en dat nooddienste op 'n gereedheidsgrondslag geplaas is vir enige voorvalle. Swaar sneeuval en sigbaarheid sal egter enige reddingspogings in die Alpe en omliggende gebiede oor die volgende paar dae kniehalter.
Weather.com berig dat ongeveer 600 inwoners en toeriste sedert die naweek in die Stiermarke-streek van Oostenryk van die buitewêreld afgesny is weens gure weersomstandighede. Honderde pendelaars is vroeg Sondagoggend ure lank op 'n trein vasgekeer toe 'n sneeubedekte boom op die treinspore naby die dorpie Kitzbühel in Oostenryk omgeval het.
Meer as 200 vlugte is ook Saterdag in München in Duitsland gekanselleer en treindienste is opgeskort.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie