Sneeustorting eis lewens in hotel
'n Lugfoto van die Rigopiano-hotel wat vroeg gisteroggend deur 'n sneeustorting in Farindola, Italië getref is. Italiaanse media berig dat die drieverdieping gebou met sneeu bedek is nadat 'n aardbewing wat 5,7 op die Richterskaal geregistreer het, die sentrale Abruzzo-gebied in Italië Woensdagaand getref het. Volgens Italië se burgerlike beskermingseenheid was ongeveer 30 gaste en personeel in die hotel ten tyde van die sneeustorting. Almal het waarskynlik gesterf.
Foto Nampa/Italiaanse brandweerdiens via AP
Foto Nampa/Italiaanse brandweerdiens via AP
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie