Snorre dalk Zimbabwe se nuwe afrigter
Die Sables oorweeg glo die gewese Bok-breier om vanjaar hul Wêreldbeker kwalifiserende veldtog te lei.
Owen Kock - Die voormalige Springbok-afrigter Peter de Villiers wil die leisels by Zimbabwe se nasionale rugbyspan oorneem.
Dié breier, wat die Bokke van 2008 tot 2011 afgerig het, het Dinsdag 'n onderhoud met die Zimbabwiese Rugbyunie gevoer en help ook tans die nasionale o.20-span voorberei vir 'n toernooi in Namibië.
Sou De Villiers die pos kry, sal sy grootste doelwit wees vir die Zimbabwiërs om vir volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi in Japan te kwalifiseer.
Vir die Sables sal die kwalifiserende veldtog wedstryde teen Marokko (tuis), Kenia (weg), Tunisië (weg), Namibië (tuis) en Uganda (weg) insluit, wat tussen Junie en Augustus vanjaar afgehandel word.
“Dit sal 'n eer wees om Zimbabwe af te rig, maar ek wag angstig vir die besluit wat deur die raad geneem moet word en ek glo hulle sal die regte besluit neem. Ek bly 'n dienaar van die spel en sal altyd wil help wanneer en waar ek kan,” sê De Villiers in 'n onderhoud.
“Ek verwag nie om die werk te kry nie, want ek weet daar is baie ander kandidate wat ook die werk wil hê en ek weet hulle is in staat om die span na die nodige vlak te neem.”
De Villiers bevind hom tans in die rugbywildernis. Sy laaste afrigtingspos was dié as hoofbreier van die Universiteit van Wes-Kaapland se Varsityskildspan.
Hy het in 2015 in nog 'n buurland, Namibië, begin uithelp om opkomende afrigters en sportsterre te ontwikkel. Hy is destyds die pos as ontwikkelingsbeampte by die Trustco-sentrum vir Uitnemendheid aangebied. Hy het dit aanvaar omdat hy gevoel het sy dienste en ondervinding as afrigter is nie in Suid-Afrika benut nie.
“Ek was bereid om dit in Suid-Afrika te doen, veral met die kennis wat ek opgedoen het deur kursusse in Amerika en Engeland. Ek wil ook my kennis as Springbok-afrigter deel, maar is nooit 'n geleentheid gegun nie,” het De Villiers destyds aan sarugbymag.co.za gesê.
Nadat sy kontrak met UWK nie hernu is nie, het hy gesukkel om werk in Suid-Afrika te kry.
“Dis 'n groot eer vir my om in Zimbabwe te wees. Ek het by die huis gesit toe die afrigter van Zimbabwe se o.20-span (Bon Muhari) my bel en vra of ek hulle nie wil help met van die tegniese aspekte van die spel nie.
“Hy het om hulp gevra met die oog om te kwalifiseer vir die o.20-Wêreldbekertoernooi in Frankryk in Mei en Junie vanjaar. Ek het dit geniet en ek voel ek het waarde tot die spelers se ontwikkeling toegevoeg,” het De Villiers vroeër die week uit Zimbabwe gesê.
Hy sê die belangrikheid van die o.20-span kan nie genoeg benadruk word as daar na die breër prentjie (nasionale span) gekyk word nie. Hy sê ook die vaardigheidsvlakke van die o.20-spelers in Zimbabwe is van 'n hoë standaard.
“Rugby is oral dieselfde. Dit gaan oor hoe jy as speler in jouself en in die bestaande strukture glo en of die afrigter die beste uit die jong spelers kan kry.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie