Snorre teen kanker is terug
Snorre teen kanker is terug

Snorre teen kanker is terug

Augetto Graig
Augetto Graig - November is om die draai, wat beteken dis weer tyd vir die Kankervereniging van Namibië (CAN) se Movember-veldtog.

Dié fondsinsamelings- en bewusmakingsveldtog is Vrydag in die hoofstad bekend gestel.

Namibiese mans kan aan die veldtog deelneem deur hul gesigte op 1 November skoon te skeer en te laat afneem. Op 20 November word weer foto’s geneem om te wys hoe baarde en snorre gegroei het. Beide foto’s kan aan CAN gestuur word.

Vroue en ander ondersteuners word aangemoedig om deel te neem deur kaartjies te verkoop en bewustheid te bevorder van sekere kankers wat mans raak.

Volgens mnr. Rolf Hansen, CAN se uitvoerende hoof, praat Namibiese mans nie graag oor hul gesondheid nie, en is hulle huiwerig om ondersoek daarna in te stel.

“Mans moet hul gesondheid in hul eie hande neem,” het hy by die bekendstelling van die veldtog gesê.

Prostaatkanker is die algemeenste soort kanker onder Namibiese mans, met 342 gevalle wat tussen 2015 en 2016 aangemeld is.

Testikulêre kanker kan reeds van 15-jarige ouderdom af onder mans voorkom.

Behandeling teen dié kankers is die doeltreffendste met vroeë diagnose.

Hansen sê alle ingesamelde fondse sal vir CAN se nasionale uitreikprogram aangewend word, en “in mans se gesondheid belê word”.

Die vereniging is tans besig om nuwe wetgewing voor te stel en ’n handves van riglyne vir die versorging en behandeling van mense met kanker op te stel, sê Hansen.

Hy sê 2020 sal vir CAN die jaar van die stryd om pasiënte se regte wees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!