Snuf in die neus
Snuf in die neus

Snuf in die neus

Dani Booysen
Nampa berig twee mans is Saterdagoggend tussen Karasburg en Grünau met dagga ter waarde van byna N$6,5 miljoen aangekeer.

‘n Verkeersbeampte het die manne glo afgetrek omdat die vragmotor nie wielflappe gehad het nie. Hy het na bewering ‘n sterk daggawalm geruik toe hy die bestuurder se deur oopmaak. Wat ‘n mens laat wonder of die verdagtes ‘n zol gerol het? En hoe het die meer as 600 kg dagga so maklik deur die grenspos by Ariamsvlei gekom?

Die Swapo-regering sukkel op die vooraand van die verkiesing met ‘n nuwe viskwotaskandaal se dampe. En leiers en betrokkenes protesteer verdag baie? Soos Koningin Gertruida in Shakespeare se Hamlet sê.

Stemgeregtigdes moet voor hulle op 27 November die knoppies gaan druk, bedag wees op verdagte reuke uit alle oorde – ongeag persoonlike en partyvoorkeure. Daar is baie soorte snuwwe in die neus . . .

Die naweek het dit traangas en rubberkoeëls in Oshakati en Ondangwa gereën toe ondersteuners van dr. Panduleni Itula glo paaie blokkeer het. Leiers van die Regstellende Aksie-beweging (RA) was betrokke by die organisering van die opmarse, waarvoor daar volgens hulle toestemming was. Die byeenkomste was glo langs die roete waarop pres. Hage Geingob se motorkade sou beweeg.

Sondag op Eenhana het Swapo hierde optrede as ‘n oortreding van die verkiesingsgedragskode bestempel. Geingob het dit ook die benoude spronge genoem van ‘n opposisie wat klaar weet hulle sal opnuut verloor.

Asem diep in, en ruik mooi . . .

So sê ander

15 November 2019

SAL - ’n vennoot of die doodskoot

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) moet besef sy aankondiging dat bykans al sy plaaslike en internasionale vlugte vir Vrydag en Saterdag weens ’n dreigende staking deur vakbonde gekanselleer word, het reuseskade aan kliëntevertroue aangerig. Dít terwyl vertroue in die nasionale lugdiens reeds verby die allerlaagste punt is.

Die SAL moet seker teen dié tyd besef hy word nie meer as ’n heilige beskou nie.

Die SAL se skuld suig die staatskas leeg en hou ’n wesenlike gevaar vir die ekonomie in. Daar was eenvoudig al te veel omkeerplanne, nuwe hoofde en nuwe rade. Dit blyk die tol van wanbestuur en korrupsie onder Dudu Myeni en haar vennote – wat steeds enige vorm van geregtigheid ontduik – was eenvoudig te groot.

As ’n volhoubare vennoot wel gevind kan word, moet baie dinge by die SAL verander.

Die eerste vereiste is dat hy aan markkragte blootgestel moet word. Vraag en aanbod moet sy pryse en roetes bepaal. Voorts moet bevoegdheid die kriterium vir aanstellings wees. Die lugdiens kan nie passasiers in sy bestuur of enige van sy strukture bekostig nie. Daar moet ook van oorbodige werknemers ontslae geraak word.

As so ’n vennoot nie materialiseer nie, is ’n doodskoot die genadigste uitweg. Enige staking sal in elk geval waarskynlik die einde beteken.

• BEELD (NETWERK24)

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!