So lyk Afrika ses maande ná Covid-19
Hoewel vooruitgang in stede gemaak is, is dit veral in landelike gebiede waar die gereedheid vir die pandemie nie na wens is nie.
Henriette Lamprecht
Afrikalande, Namibië ingesluit, se gereedheid om die Covid-19-pandemie hok te slaan en te beheer, skiet op distriksvlak ver te kort. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) is dit veral met betrekking tot koördinering (38%), infeksievoorkoming en –beheer (46%), asook kliniese sorg (47%).
Volgens 'n onlangse opname deur die WHO en uit inligting wat 16 lande in sub-Sahara-Afrika gedeel het, is egter wel bevind die betrokke lande het hul kapasiteit in reaksie tot Covid-19 verhoog.
Dit is gemeet aan lande se gereedheid met betrekking tot koördinasie, waarneming, laboratoriumkapasiteit, gevallebestuur, sowel as infeksiebeheer en -voorkoming. Ses maande gelede was die syfer 62% en dit is nou 78% volgens die WHO.
Volgens die WHO het Afrikalande vooruitgang in hul reaksie tot die pandemie gemaak. Baie Afrikalande was vinnig om grendeltydperke en sleutel- openbare gesondheidsmaatreëls in te stel in 'n poging om die virus hok te slaan. Voorkomende, diagnostiese en behandelingsmaatreëls is ook versterk.
Nou kan alle Afrikalande Covid-19 diagnoseer, met 14 lande wat meer as 100 toetse per 10 000 lede van die bevolking kan uitvoer. Die produksie van suurstof wat kritiek is vir ernstige siek Covid-19-pasiënte het beduidend gestyg, met die aantal suurstofaanlegte in die streek wat van 68 met die aanvang van die pandemie tot 119 gestyg het. Die aantal suurstofmasjiene het meer as verdubbel tot meer as 6 000.
Op Vrydag 14 Augustus was dit ses maande nadat die eerste Covid-19-geval in Afrika aangeteken is. Hoewel die virus sy merk op baie ander wêrelddele gemaak het, was die evolusie van die virus in Afrika volgens die WHO anders.
Volgens 'n voorlopige ontleding deur die WHO is 'n buitensporige toename in gevalle wat gewoonlik twee tot drie weke later 'n hoogtepunt bereik, nie in Afrika die geval nie. In plaas hiervan, sê die WHO, ervaar die meeste lande op die vasteland 'n geleidelike styging in Covid-19-gevalle en is dit moeilik om 'n spesifieke hoogtepunt te onderskei. Patrone van oordrag verskil ook tussen lande, maar veral ook binne lande.
Volgens die organisasie het Covid-19 met die aanvang van die pandemie hoofsaaklik hoofstede geraak. Die virus beweeg egter nou van hoëdigtheid stedelike gebiede na informele nedersettings en dan na landelike gebiede wat 'n laer bevolkingsdigtheid het.
“Om Covid-19 in Afrika hok te slaan, is 'n marathon en nie 'n naelloop nie,” sê dr. Matshidiso Moeti, die WHO se streekdirekteur vir Afrika.
“Ons sien verskeie plaaslike uitbrekings en elkeen het sy eie infeksiepatrone en hoogtepunte. Net deur lande se reaksie tot die pandemie op gemeenskapsvlak te versterk, gaan ons hierdie wedloop wen. Die reaksieplan teen die siekte moet in elke gesondheidsdistrik geïntegreer word,” het hy gesê.
“Ons moet nie net tred hou met die veranderende neigings nie, maar ons moet ook vinniger voorspel en optree om moontlike rampspoedige uitkomste te voorkom,” sê Moeti.
“Gebiede met hoë oordragvlakke, sowel as plekke met relatief minder infeksies verdien aandag. In kort moet ons sterk op alle gebiede wees.”
Die WHO het saam met vennote gewerk om tegniese ondersteuning, opleiding en noodsaaklike mediese voorraad te voorsien. Dit sluit die verskaffing van meer as 2,1 miljoen toetsstelle en die opleiding van sowat 100 000 gesondheidswerkers in.
Die organisasie ondersteun ook lande wat 'n hoë aantal Covid-19-infeksies het. In die verband het die eerste lede van 'n ondersteuningspan in Suid-Afrika aangekom. Die WHO verhoog ook sy ondersteuning aan ander lande wat dringend vir hulp gevra het deur nog tegniese kenners op grondvlak te mobiliseer en deur opleiding te verhoog om plaaslike kapasiteit en veral op provinsiale en distriksvlak te verhoog.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie