So lyk skoolkalender vir 2021
Skole open aanstaande jaar vir die eerste termyn op 11 Januarie en sluit weer op 23 April. Dit is 71 skooldae en sluit die vakansiedag op 22 Maart (Onafhanklikheidsdag) en die Paasnaweek (2 - 5 April) in.
Die tweede termyn duur van 26 Mei tot 13 Augustus (58 dae) en sluit die vakansiedag op 16 Junie (Dag van die Afrika-kind) in. Die derde termyn open op 1 September en duur tot 3 Desember (67 dae) en sluit die vakansiedae op 28 September (Dag van Namibiese kind) en 5 Oktober (Internasionale Onderwysersdag) in. Die drie termyne het 'n totaal van 196 skooldae.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie