So tuis by Hillside soos woorde in 'n woordeboek
Of jy 'n sakeman of -vrou, 'n toeris of 'n plattelander is wat vir skolesport, 'n doktersbesoek of inkopies Windhoek toe kom, Hillside Executive Accommodation is die plek vir jou.
Dié groep se selfsorgeenhede op drie plekke in die ooste van Windhoek is smaakvol ingerig en veilig. En as hotelle meer jou ding is, bied die groep se pragtige boektiekhotel, Hillside@Tenbergen, gerief uit die boonste rakke.
Die selfsorgeenhede bestaande uit studio-, eenslaapkamer- en tweeslaapkamerwoonstelle, is geleë by Hillside@Nelson Mandela, Hillside@Ardeco en Hillside@Maerua Mall.
Eersgenoemde kompleks, by nr. 93 in Nelson Mandelarylaan, is die grootste in die groep en bied 33 eenhede. Ry jy suidwaarts in Nelson Mandelarylaan, vind jy Hillside@Ardeco se tien eenhede langs FNB Namibia se Klein-Windhoek-tak. En Hillside@Maerua Mall, bestaande uit vier eenhede, is natuurlik by dié inkoopsentrum.
Die boetiekhotel is deel van die luukse Tenbergen-ontwikkeling in Robert Mugaberylaan en beskik oor 18 kamers. Dit is ook hier waar jy Hillside se goed toegeruste konferensiesentrum sal vind.
Elma Truter, die groep se hoofbestuurder, vertel Hillside het in 2010 sy beslag gekry. Dit was toe die eienaars, Victor Liebenberg en Con Brand van Convic Investments, 'n ou woonstelkompleks in Nelson Mandelarylaan gekoop en opgeknap het. “In daardie stadium was selfsorgverblyf in Windhoek nog betreklik skaars en hulle het die ou kompleks in 33 selfsorgeenhede omskep.” Hier het gaste gratis Wi-Fi, veilige onderdakparkering, braaigeriewe, DStv, lugverkoeling en die gebruik van 'n wassery. Die pragtige tuin skep 'n rustige atmosfeer en gewilde eetplekke soos Joe's Beerhouse is 'n klipgooi ver. Indien gaste nie oor hul eie vervoer beskik nie, is daar 'n geriefsbussie wat hulle kan stad toe neem.
Volgens Elma beplan Hillside om hierdie vlagskip van hom nog verder uit te brei. “Ons wil 'n ou huis wat langs dit geleë is, in 'n restaurant omskep waar ons gaste ontbyt kan eet.” 'n Swembad en kuierarea word ook beplan.
Dit is hier by Hillside@ Nelson Mandela waar die buitelandse kunstenaars wat aan vanjaar se Windhoek Woordfees deelneem, volgende week sal tuisgaan.
Elma sê Hillside is trots om hom as verblyfborg met die Woordfees te verbind.
“Ons as personeel praat buiten Engels sewe ander tale, maar Afrikaans is die taal waarin ons onderling kommunikeer. En seker omtrent 60 persent van ons gaste praat ook Afrikaans.”
Hillside@Tenbergen is vanweë die sentrale ligging en die goedtoegeruste konferensiesentrum, die ideale opsie vir sakelui.
Aldina Correia, konferensiebestuurder, sê die sentrum bestaan uit drie lokale wat ideaal is wanneer die aanbieders wegbreeksessies beplan.
Die hoëtegnologie bied koordlose internetverbinding en versonke skerms en projeksietoestelle wat met die druk van 'n knoppie uit die dak sak.
KONTAKBESONDERHEDE
Nelson Mandelarylaan 93, Klein Windhoek.
Tel: +264 (61) 248 300 /Faks: +264 (61) 248 301
Na-ure: +264 (81) 748 2558
E-pos: [email protected]
Web: www.hillsidewindhoek.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie