Sodom op Bahnhoff
Sodom op Bahnhoff

Sodom op Bahnhoff

Dani Booysen
KAN-NIE-MEER-NIE SKRYF:

Die dwelms en smokkelary met drank op Bahnhoff is 'n saak van bekommernis. Dit raak erger en erger by die dag.

Mense word gearresteer, kry borg of word onskuldig bevind en begin weer met dieselfde besigheid asof daar niks gebeur het nie. Elke dag sien jy dronk en vuil mense en ook onder die invloed van die dwelms.

Dis 'n klein plekkie, maar met die meeste diewe, inbrekers, noem maar op. Hulle steel en plunder om geld te kry om te kan drink en om dwelms te koop. Dit is jong en sterk manne wat kan werk, maar hulle kies die maklikste weg.

Ons krale is leeg gesteel. Vee word gesteel, want sekere mense koop hierdie gesteelde goed. Ons ken hulle ook.

Dan is daar nog andere wat hul "kinders" help. Hierdie "kinders" steel vee en "oupa" of "ouma" is baie vinnig om 'n bok of skaap terug te betaal.

Tot wanneer moet dit so aangaan? Wie sal vir ons help om Bahnhoff se euwels op te los?

Kinders gaan nie skool toe nie; mense gaan nie kerk toe nie. Hoe sal die Here intree as die mense so ver van Hom is?

Hulle wat probeer om 'n beter lewe te lei, is 'n handjie vol. Mag die Here tog hul pogings en gebede verhoor.

My oproep is dat ons as gemeen­skap moet opstaan en smokkel en "drug dealers" blootstel. Waar is ons leiers? Sien hulle nie dat Bahnhoff 'n Sodom of 'n Gomorra geword het nie? Daar is nie 'n lewe op Bahnhoff nie.

Dieselfde goed gebeur in Blokkiesdorp. Elke tweede huis is 'n smokkelhuis.

Kom ons hoor wat die ander sê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!