Sodomiewet se dae dalk getel
Die minister van justisie het gesê die Namibiese regering is nie skuldig aan homofobie wat deur die staat aangemoedig word nie, en het die LGBTQ-gemeenskap se noodkrete om volle gelykheid voor die wet gehoor.
Jana-Mari Smith
“Geen Namibiër behoort daarmee gemaklik te wees dat enige deel van ons samelewing soos tweedeklasburgers voel nie. Dít sluit in diegene wat uitgestoot word, of gestigmatiseer en teen gediskrimineer word op grond van hul seksuele oriëntasie, gestremdheid, of maatskaplike status,” het me. Yvonne Dausab, die minister van justisie, gister gesê.
Die minister het ‘n toespraak gelewer by die oorhandiging van twee belangrike verslae aan die ministerie van justisie waarin die afskaffing van 34 verouderde wette voorgestel word, waaronder die wet wat konsensuele seks tussen volwasse mans kriminaliseer.
Die tweede verslag, wat die herroeping van Namibië se omstrede gemenereg-oortredings van sodomie en onnatuurlike seksuele misdrywe aanbeveel, kom tot die gevolgtrekking dat “die bestaan van die misdade van sodomie en onnatuurlike seksuele aktiwiteite neerkom op ongrondwetlike diskriminasie”.
In die verslag word beklemtoon dat, alhoewel die regering gereeld beweer die wet word nie toegepas nie, verlaag dit gay mans tot “misdadigers”. Die verslae is deur die Regsnavorsing- en Ontwikkelingskommissie (LRDC) saamgestel.
Hoewel statistieke skaars is, toon dit boonop dat daar tussen 2015 en 2019 altesaam 42 sake van sodomie by Namibiese polisiekantore aangemeld is. Tussen 2012 en 2019 is 23 mans op aanklagte van sodomie in hegtenis geneem.
Die LRDC het klem daarop gelê dat, hoewel inhegtenisnemings weens sodomie-aanklagte nie ‘n algemene verskynsel is nie, “word dit gereeld genoeg afgedwing om 'n realistiese vrees vir arrestasie onder die gay gemeenskap te skep”.
Die LRDC waarsku ook dat die wet gelei het tot skadelike beleide, soos die verbod op kondome in tronke, en bygedra het tot wyer diskriminasie teen en stigmatisering van gay mans en die breër LGBTQ-gemeenskap.
“Die blote bestaan daarvan (sodomiewet) skend die fundamentele regte van die individue wat geraak kan word, en skep en versterk 'n kultuur van homofobie en onverdraagsaamheid teenoor LGBTQ-mense,” lui die verslag.
VEROUDERD
“Die voortbestaan van hierdie wet kan nie regverdig word nie,” lui die verslag, en voeg by dat dit “inmeng met die grondwetlike en internasionale regte van individue in Namibië”.
Dausab sal die twee verslae in die komende weke aan die kabinet voorlê vir oorweging.
Die LRDC het 'n wetsontwerp-wysiging opgestel vir die afskaffing van die 33 verouderde wette wat in die eerste verslag saamgevat is, en 'n voorgestelde wetsontwerp om die wet op sodomie en onnatuurlike seksuele misdrywe te herroep.
Die kriminalisering van konsensuele seks tussen mans in Namibië word al jare lank internasionaal en plaaslik veroordeel en het tot valse wanindruk gelei dat gaywees in Namibië onwettig is.
Die verslag wys daarop die Namibiese regering het reeds twee keer, in 2011 en 2016, die skrapping van die wet van die hand gewys in reaksie op die Verenigde Nasies (VN) se beroepe op Namibië om konsensuele seks tussen mans te dekriminaliseer. Die regering het beide kere opgemerk dat, hoewel hulle weier om sodomie te dekriminaliseer, LGBTQ-persone nie geviktimiseer of vervolg word nie.
Die LRDC-adjunkvoorsitter, mnr. Etuna Josua, het gister die sodomiewet “verouderd” genoem.
Hy het gesê die 34 wette wat in die twee verslae geïdentifiseer is, “is nie in ooreenstemming met die tye nie, en is nie meer relevant of versoenbaar met ons grondwetlike bedeling nie.”
GELYKE REGTE
In reaksie op vrae oor die regstryd om die wettiging van selfdegeslag-huwelike, wat vandeesweek voor 'n volbank regters in die hoërhof begin, het Dausab gesê die tyd is reg “vir ons om in 'n rigting te beweeg wat inklusief is teenoor alle Namibiërs”.
Sy het verder daarop gewys dat die hof se besluit om 'n volbank van drie regters aan te stel, as bewys dien dat die howe die saak ernstig opneem.
“Dit is vir ons in Namibië amper 'n mylpaal as land in terme van die rigting waarin ons menseregteparadigma en samelewing beweeg”.
Sy het gesê geen Namibiër moet voel of hulle nie deel is van die Namibiese Huis nie, en aangevoer die huidige administrasie bespreek die kwessie ernstig.
“Homofobie, transfobie en enige fobiese neigings word nie deur die staat goedgekeur nie. Maar ons moet mense toelaat om hul eie sienings te hê. Wat ons nie moet toelaat nie is aktiewe of passiewe diskriminasie teen enige dele van ons samelewing. Ek dink nie dit is wat ons van plan is om te doen nie.”
Oor die verskeie sake wat verband hou met LGBTQ-kwessies soos gesins-, huweliks- en veiligheidsregte, het die minister gesê dié sake is tans 'n “belangrike baan in ons menseregteparadigma. En ek dink ons howe het ‘n groot verpligting om die LGBTQ-gemeenskap te verseker dat hulle gehoor en gesien word. Natuurlik het ons geen beheer oor die proses nie, ons moet toelaat dat dit sy gang gaan.”
Die minister het ook gereageer op kritiek teen 'n wetsontwerp op huishoudelike geweld wat onlangs ter tafel gelê is, wat paartjies in selfdegeslag-verhoudings uitdruklik uitsluit van die veiligheid wat die wetsontwerp bied.
Sy sê sy het nog nie gereageer op die kommer wat in die kabinet uitgespreek is nie om “die LGBQ-gemeenskap en ander lede van ons samelewing wat belangstel” toe te laat om bykomende insette in die wetsontwerp te lewer. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie