Soedan: 7 dood in jongste betogings
Tienduisende mense het op verskeie plekke in Khartoem saamgetrek.
'n Reuseskare het Sondag na Soedan se ministerie van verdediging opgeruk om te eis dat die weermag mag aan die burgerlike raad oorhandig. Dit was een van talle betogings wat landswyd gehou is en waarin groot getalle mense beseer en minstens sewe mense dood is.
Dit was die grootste opkoms deur landsburgers sedert 'n dodelike klopjag deur die veiligheidsmagte op 'n kamp in Sentraal-Khartoem op 3 Junie, waarin soveel as 100 mense doodgemaak is.
Tienduisende mense het op verskeie plekke in die hoofstad saamgetrek.
Op twee plekke naby die presidensiële paleis en in die rykmansbuurt Rijadh het veiligheidsmagte die betogers ingewag en traanrook afgevuur.
Genl. Mohamed Hamdan Dagalo, wat bekend staan as Hemedti, adjunkhoof van die regerende militêre oorgangsraad, sê skerpskutters het op burgerlikes én soldate losgebrand. Sewe mense is dood en 181 gewond, van wie 27 raakgeskiet is, luidens die staat se nuusagentskap wat 'n amptenaar van die gesondheidsministerie aangehaal het.
Die amptenaar sê tien van diegene wat gewond is, is lede van die weermag. Drie lede van die Rapid Support Forces (RSF), wat deur Hemedti gelei word, is volgens hom raakgeskiet. Die ander sewe soldate wat gewond is, is deur betogers met klippe gegooi.
'n Groep dokters wat bande het met die burgerlike opposisie, sê minstens vyf betogers is dood en talle ander beseer.
Soedan se weermag het pres. Omar al-Basjir in April ná maande van betogings uit die kussings gelig. Opposisiegroepe het daarna voortgegaan met betogings om die weermag te dwing om mag aan landsburgers oor te gee. Onderhandelinge het egter 'n dooiepunt bereik nadat lede van die veiligheidsmagte op 3 Junie 'n klopjag gehou het by die kamp waar betogers saamgetrek het.
Forces for Freedom and Change (FFC), opposisiekoalisie, het 'n beroep op mense gedoen om Sondag aan betogings deel te neem sodat daar 'n miljoen mense kon wees.
30STE HERDENKING
Dit was op die 30ste herdenking van die staatsgreep wat daartoe gelei het dat Basjir die leier van die land geword het. Sondag was ook die Afrika-unie se sperdatum vir die weermag om mag aan burgerlikes te oorhandig te midde van dreigende sanksies.
In 'n ander deel van Khartoem het duisende mense 'n snelweg na die lughawe afgesper terwyl hulle na die huis opgeruk het van 'n betoger wat in Januarie doodgemaak is.
Betogers met die Soedannese vlag omhoog het slagspreuke soos “burgerlikes, burgerlikes” en “bloed vir bloed” geskree.
“Ons het weer gekom vir die revolusie en ons gaan nie onttrek totdat hulle die mag aan die burgerlike owerheid oorhandig nie,” het Hassan Ahmed, een van die betogers, aan Reuters gesê.
Die militêre oorgangsraad het 'n dag vantevore gewaarsku dat die opposisiekoalisie verantwoordelik gehou gaan word vir enige lewensverlies of skade wat uit Sondag se betogings voortspruit.
Lede van een van die hoofopposisiegroepe – die Soedannese Professionele Vereniging – het Saterdagnag gesê veiligheidsdienste het 'n klopjag op sy hoofkwartiere uitgevoer net voordat die party 'n nuuskonferensie sou hou.
Die Verenigde Nasies het vroeër gesê hy het berigte ontvang dat meer as 100 betogers dood is tydens die klopjag op die betogers se kamp op 3 Junie.
Militêre leiers het dit egter ontken dat hy opdrag gegee het vir die klopjag en sê 'n operasie daar naby waarin misdadigers geteiken is, het na die kamp oorgespoel.
Die raad sê sommige offisiere is aangekeer vir hul rol in die klopjag en dat die raad steeds van plan is om mag te oorhandig sodra 'n verkiesing gehou word.
Onderhandelaars van die Afrika-unie onder leiding van Abij Ahmed, premier van Ethiopië, probeer die partye op 'n punt kry waar hulle weer bereid is om te onderhandel.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie