Soek balsem vir boedeltwis
ONSTOKE ERFGENAAM SKRYF:
Die mense praat en skryf oor die Fishrot, nou wil ek weet: wat van onafgehandelde boedels en erfgoedstelery, want dis wat hier aangaan.
My man is oorlede en nou regeer die skoonmense, wat nooit by die plaas betrokke was nie!
Bees, skaap en bokke word voor die voet verkoop en geslag. Dit word nie na vendusies vervoer nie, want dan sal hulle uitgevang word.
Die wild word ook geskiet en pakkies gemaak om te verkoop. Die nuwe "baas" werk nie en maak nou 'n lewe uit die plaas.
Ons het nie ’n testament gehad nie, maar wat my nou bekommer, is dat die skoonmense nou so oorvat. Hulle was nooit daar welkom nie.
Hy het sleutels vervang en ons kan nie daar ingaan nie.
As ek plaas toe wil gaan, moet hy eers gekontak word. Ek het nie ’n lisensie nie. Al my man se karre en bakkies is by hom, wat nou "baas van die plaas" is. Een bakkie is al verkoop, waarvan ek nie ’n sent gesien het nie.
Mag onafgehandelde boedels se bates so verkoop word?
Ek het nie geld vir ’n prokureur nie, maar iemand het wel al uitgevind dat die boedel nie geregistreer is by die hoërhof nie. Is hierdie nie boedelverneukery nie?
Daar was baie diere op die plaas, want my man was soos hulle sê ’n sterk boer. Nou is daar weinig diere oor op die plaas, want baas slag mos net soos hy voel.
Ek voel hierdie man moet gestop word. Kan ek hom gaan aankla vir diefstal? Help my asseblief!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie