Soek die kind bínne die kind
'n Kind, veral 'n tiener, is soos daai Russiese poppies.
Amper soos 'n turksvy binne 'n turksvy binne 'n turksvy: 'n Mens moet eers laag ná laag afskil en sterk staan teen die dorings in jou vingers – maak nie saak hoe versigtig jy is nie – voor jy by 'n tiener se hart uitkom.
En kry jy uiteindelik 'n tiener se hart, is dit soos die laaste poppie binne die Russiese legkaart: Baie klein en delikaat.
Kosbaar pragtig in die palm van jou hand. Weerloos. Want met 'n enkele bal van jou vuis kan jy dit in 'n duisende stukkies breek.
Met die dolle gejaag na oorlewing in die hedendaagse lewe laat ouers hul kinders se harte vir die grootste deel van elke dag in die palm van onderwysers se hande.
Nie net tydens skoolure nie, maar ook daarná. Want 'n kind pak onderwysers se houding saam in sy skooltas en bring dit huis toe. Waar dit hom óf kan inspireer óf by hom spook.
Onderwysers word deesdae links en regs uitgekryt. En in baie gevalle is dié kritiek nie ongevraagd nie. Luister jy na ouers, skoolhoofde en kinders is daar baie Afbek Annies en Jannies in Namibië se skole: Onderwysers wat tou opgooi, wat nie meer omgee nie, wat nooit die passie vir dié roeping gehad het nie.
Want dit ís 'n roeping.
Maar daar is tog nog juwele. Onderwysers wat ons rudiamantkinders elke dag met liefde in edelstene slyp. Want ouers is té besig en moet noodgedwonge Mammon najaag om kosblikke vol te hou.
Die Russiese poppies word ook babushkas genoem. Babushka menende ouma in Russies.
En dis presies wat hierdie onderwysers is: Oumas en oupas. Wat streng is en gesag afdwing, by kinders én ouers. Wat met liefde skaaf waar geskaaf moet word. Waar kinders (én ouers) veilig voel.
En vir hulle word veels té min dankie gesê. Hulle verdwyn in die moeras van Namibiese ouers se frustrasie met die stelsel en word deel van stereotipering van onderwysers wat onbevoeg is.
Vir julle wil ek sê: Daar is niks lekkerder as 'n kind wat huis toe kom en vertel van 'n onderwyser wat hom kleinkry nie. Terwyl jy self nie eers aldag jou kind verstaan nie.
Daar niks wat 'n kussing saans sagter laat voel as die wete dat jou kind se onderwysers dwarsdéúr hom sien nie.
Nie bang soos jy vir die nuwe geite nie. Want jare se ervaring en opregte liefde vir die jeug het dié onderwysers geleer dis net 'n fase: Net nóg 'n stuk turksvy wat afgeskil moet word, want binne lê 'n lieflike vrug.
'n Vrug wat nie rypgedruk moet word nie, maar gekoester en natgelei moet word.
Baie, baie seëninge vir julle, babushkas en dedushkas (oupas)!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie