Soek die suiker tussen die sout
Yochanaan Coetzee - Ek wonder soms hoe dit voel om donderweer te wees. Daardie skrikwekkende ding wat mense vrees en voor skuil, maar wat ook reën bring en ons damme volmaak.
My ma en haar ma, ons familie se grootmoeder en versorger, was juis nie groot liefhebbers van die blitse van bo af nie.
Aan die ander kant, wanneer die wolke toetrek en die hemel sy gawes begin uitdeel, is ons as kinders, ooms en anties almal uit die huis gejaag om die reën ontvang en die Skepper te bedank.
Maar dan, wanneer die koninkryk begin kraak en die eerste strale begin flits, moes almal onder dak wees, die TV af en alle spieëls toe.
As kind moes ek saam met my ma, ouma, susters, die ooms en anties en sommer die kuiergaste ook in die klerekas gaan sit. Dan het ek myself gevra, hoe onderskei jy tussen ’n geskenk en ’n slaggat as een die ander ondersteun?
Ek het altyd gewonder hoe daar dinge in die lewe is wat gelyktydig ’n geleentheid en ’n gevaar kan wees en hoe weet ’n mens wanneer iets werklik so wonderlik of wreed is soos dit voorkom of klink?
Dis amper soos wanneer jy suiker tussen sout moet uitken.
Moenie vra hoe ek hiermee opgekom het nie. Omdat dit voor die era van selfone was, was daar bitter min om te doen in daardie kas.
Die lewe is vol sulke besluite en kruispaaie waar, afhangende van die besluit wat jy neem, dit jou kan baat of breek.
In hierdie swaar jare waar ons van ’n verwoestende landboudroogte na ’n verlammende finansiële droogte gegaan het, het baie mense alles verloor en ander sukkel so erg dat hulle een of twee paaiemente weg van die straat, of erger, hul ouerhuis, af is.
Met soveel daaglikse uitdagings is dit maklik om toe te laat dat die spanning jou lewe oorneem. Maar, net soos wanneer jy die suiker in die sout moet soek, sal daar ’n soetigheid wees as jy hard genoeg soek.
Die silwer randjie skyn altyd deur en ná die donderweer is die aarde vars, die voëltjies se vlerke gewas en my familie weer eens uit die kas.
Soos die gesegde dat kalm waters nie ’n goeie plek is om te leer hoe om jou boot op ’n rowwe see te stuur nie, is dit ook belangrik om die druk en uitdagings wat jou pad kruis, te gebruik om jou beter in staat te stel om die volgende uitdaging aan te pak.
Boonop sal jy nie ’n kruis kry wat jy nie kan dra nie, so glo in jou vermoëns en vind die blink kant in ’n lewe wat by tye ’n bietjie van ’n las kan wees.
Gedurende jou soektog vir daardie korreltjie suiker sal jy baie sout moet sluk, maar uiteindelik gaan dit die suiker net soeter laat smaak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie