Soeklig op Rehoboth
Dié beleërde plaaslike owerheid bly 'n warm patat.
Denver Kisting
Sedert die totstandkoming van die Rehoboth Independent Town Management Association (Ritma) bly dié Hardapdorp veral die afgelope jaar in die nuus.
Ritma en lede van die dorpsbestuur kruis dikwels in die sosiale media swaarde oor dienslewering op die dorp.
Naas Ritma, probeer die Landless People's Movement (LPM) ook in aanloop tot die streekraad- en plaaslike owerheidsverkiesing op 25 November hul merk hier maak.
Swapo, die Popular Democratic Movement (PDM) en die United People's Movement (UPM) is eweneens steeds doenig op dié politieke toneel.
Ritma, die jongste politieke akteur, staan onder leiding van die siviele ingenieur en sakeman mnr. Rudi van Wyk.
Veral tydens die aanvanklike inperking weens Covid-19 het Van Wyk die dorpsraad gas gegee oor watervoorsiening aan kwesbare inwoners.
Kredietbeheer was nog altyd een van die vernaamste kopsere by dié plaaslike owerheid.
In 2018 is skokgolwe deur Rehoboth gestuur toe die destydse minister van stedelike en landelike ontwikkeling, dr. Peya Mushelenga, die ganse raad in die pad gesteek het om 'n ondersoek na beweerde ongerymdhede te gelas.
Me. Nathalia /Goagoses, hedendaagse LP, is toe deur Mushelenga as tussentydse ministeriële verteenwoordiger op Rehoboth aangestel.
In Desember verlede jaar is die geskorste raad, onder leiding van die burgemeester, me. Christina Blaauw, opnuut deur Mushelenga heraangestel.
Geen terugvoering is oor die ondersoek verskaf nie.
Mushelenga is sedert 22 Maart vanjaar die minister van inligting en kommunikasietegnologie.
Intussen maak onafhanklike kandidate ook op Rehoboth 'n toetrede tot die toneel.
'n Plaaslike sakeman, mnr. Romie van Wyk, skiet vir die Rehoboth-Oos-kiesafdeling. “Ek wil graag verandering sien in ons mooi dorp, Rehoboth. So, ek gaan staan vir die verkiesing,” sê hy.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie