Soektog na die land se  perfekte stem begin
Soektog na die land se perfekte stem begin

Soektog na die land se perfekte stem begin

Plaaslike sangers op digitale verhoog
Jeanette Diergaardt



Die baanbreker aanlyn sangkompetisie Voice Perfect Namibia het amptelik sy nuwe seisoen op 28 Junie afgeskop.

Deelnemers is dié week bekendgemaak in die eerste seisoen van ses wat deur Uejaa Kazondunge geskep is. Sy sal ook die reeks se aanbieder wees.

Altesame 175 gelukkige deelnemers is op grond van hul inskrywings gekeur en staan 'n kans om N$10 000 huis toe te vat, asook 'n platekontrak met Zunde Records los te slaan en natuurlik gratis publisiteit te verkry.

Die bekende Monique English, dokter en sanger Lioness in samewerking en die gaskunstenaar Chikune sal die kaf van die koring skei. Die publiek sal natuurlik ook 'n sê hê en kan vir hul gunstelingkunstenaars stem.

“Dit is bitter moeilik vir Namibiese kunstenaars om 'n deurbraak in die musiekbedryf te kry,” sê Laurentius Haindaka, die projekkoördineerder. “Dus is dit belangrik om geleenthede daarvoor te skep om die wêreld aan ons plaaslike talent voor te stel.”

Verskeie borge ondersteun die nuwe kompetisie en sal in 'n latere stadium aangekondig word.

Maat­skappye soos Chilled Investments, Crescendo Music Store, Zunde Records, Musheko Photography, Avanda Multimedia en Major Chord Academy is reeds deel van die inisiatief.

Haindaka sê 'n sangkompetisie is nie al wat hulle vir plaaslike kunstenaars aanbied nie. Hulle beplan om die musiekbedryf verder te ondersteun deur rekord te hou van al die deelnemers en vir dié wat verder hulle sangloopbaan wil bevorder, sal daar vele geleenthede wees.

Die reeks gaan plaasvind oor die loop van drie maande en sal op Facebook, Instagram en YouTube gevolg kan word.

Ten spyte van die rampspoedige jaar wat 2020 sover is, bied dit wel ook 'n nuwe begin vir Voice Perfect Namibia en vir plaaslike musiek­liefhebbers. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!