Soektog na slagoffers in Kalifornië-modderstorting duur voort

NAMPA
Honderde mense neem deel aan ‘n soektog na oorlewendes en die oorskot van slagoffers van die modderstorting ná kitsvloede ‘n welvarende deel van Kalifornië se kusgebied getref het.

Soekgeselskappe het kniediep deur modder gestrompel en moes lang pale daarin steek op soek na slagoffers.

Honde wat in die soektog gebruik word, moes oor hope versplinterde hout, wat eens wonings was, klouter.

Die dodetal ná Dinsdag se kitsvloed in die vroeë oggendure het reeds tot 17 gestyg en talle mense word nog vermis.

"Dit is die gewag en om nie te weet nie, wat die ergste is. Ons moet hulle net kry,” het Kelly Weimer, wie se bejaarde ouers se huis in puin gelê is, gesê. Die egpaar het Maandag nie ag geslaan op ‘n beroep om vrywillige ontruiming nie.

Soek- en reddingspanne van dwarsoor Kalifornië neem aan die soektog in Montecito, ‘n enklawe met ongeveer 9 000 inwoners, noordwes van Los Angeles, deel. Oprah Winfrey is een van die inwoners.

Santa Barbara se sheriff, Bill Brown, het tonele op die dorp met ‘n slagveld uit die Eerste Wêreldoorlog vergelyk.

Teen Woensdag het ongeveer 500 lede van die soekgeselskap byna 75% van die gebied deursoek. - Nampa/AP

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!