Soektog na vermiste seuntjie by Lu00fcderitz verskerp
Soektog na vermiste seuntjie by Lu00fcderitz verskerp

Soektog na vermiste seuntjie by Lüderitz verskerp

Francoise Steynberg
Die soektog na die vermiste seuntjie by Lüderitz is vandag verskerp met die plaaslike polisie, reserwemag en die publiek wat kragte saamgesnoer het.

Die driejarige Mandela Nakale het Maandag omstreeks omstreeks 12:00 in Area 7 op Lüderitz verdwyn, sê die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi. Sy ma, me. Juliana Ndafyaata, het hom die volgende dag by die polisie as vermis aangemeld.

“Daar is steeds nog geen teken van hom nie,” het Shikwambi vandag gesê.

“Na bewering het Mandela saam met ‘n vierjarige meisie in dieselfde omgewing gespeel en omstreeks 18:00 Maandag is die meisie saam met ‘n ander groep kinders gevind waartydens hulle na Mandela gesoek het,” sê Shikwambi.

Mandela het glo van die meisie afgedwaal en is laas gesien toe hy langs ‘n heining gestaan het - sowat 1 km weg van Area 7.

Hy was in ‘n rooi T-hemp, blou broekie en sandale geklee. Hy is bruin van gelaat en was vir tien dae op vakansie saam met sy ma uit die Ohangwenastreek voordat hy vermis geraak het.

“Die soektog deur die polisie saam met die gemeenskap het dadelik begin toe hy as vermis aangemeld is en dit duur steeds voort,” sê Shikwambi.

Enigiemand met inligting, kontak die ouers by 081 695 4974 of 081 219 3691, hoofinsp. Kotungondo by 081 355 1422 of Ao Kenahama by 081 317 6432.

Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!