Soet vir Bokke, suur vir plaaslike Super-spanne
Superrugby
Cobus Claassen - Suid-Afrikaanse rugby mag dalk voordeel trek uit oorsese klubs wat die voorste Springbokke se salarisse betaal, maar dit is rampspoedig vir die vier plaaslike Superrugby-spanne, sê Willem Strauss, president van die Blou Bulle Rugbyunie (BBRU).
“In die geheel is die negatiewe impak wat dit (die uittog van Springbokke) het, ongelukkig groter as die voordeel wat dit vir Saru inhou,” sê Strauss.
Rassie Erasmus, die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se direkteur van rugby, het verlede week gesê die toenemende getal Springbokke wat vir Europese klubs speel, kan tot ’n groot mate as ’n bedekte seën beskou word.
Dié klubs betaal die Bokke se lywige salarisse, maar hulle is steeds vir Suid-Afrika beskikbaar.
Dit gee dan ook vir plaaslike opkomende spelers blootstelling in die Superreeks, het Erasmus verduidelik.
Strauss sê Superrugby is nie veronderstel om ’n “ontwikkelingsreeks” te word nie, want die Curriebeker-reeks dien reeds daardie doel.
Daar is kommer by Loftus Versfeld oor die Springbokke wat Pretoria aan die einde van verlede seisoen vir oorsese rugbytuistes verruil het.
In die agterlyn het die Bulle die deugde van Jesse Kriel en Handré Pollard verloor, terwyl Duane Vermeulen, RG Snyman, Lood de Jager, Jason Jenkins en Schalk Brits (uitgetree) in die agttal makeer.
Talle ander senior spelers soos Travis Ismaiel (London Harlequins), Jannes Kirsten (Exeter Chiefs) en Hanro Liebenberg (Leicester Tigers) is ook in 2019 weg by die Bulle.
Strauss sê dit is ’n aansienlike verlies wat nie net op die veld gevoel sal word nie.
“Afgesien van die gehalte, diepte en ervaring wat in die span verlore is, verloor jy kommersiële bates.
“Spelers soos Handré en Jesse het ’n bemarkingswaarde wat baie waardevol is wanneer jy maatskappye wil oortuig om die span te borg.
“Sulke spelersprofiele bou jy nie in een seisoen nie. Dit is ook spelers wat hulle eie aanhangers het.
“Dit is ’n verdere terugslag om sulke mentorskap in die stelsel te verloor. Iemand soos Lood was uitstekend daarmee om sy kennis aan die jonger spelers oor te dra.”
Strauss sê Saru se beperkings op begrotings (vir spelers) is nodig, maar daar kan vorentoe aanpassings gemaak word.
“In Engeland moet ’n klub byvoorbeeld hou by ’n sekere begroting, maar hy mag twee marquee-spelers kontrakteer, waarop daar nie ’n beperking is nie.
“Ons moet daarna kyk met private beleggers wat vorentoe ’n al groter rol in Suid-Afrikaanse rugby kan speel.”
• Die Bulle sal in Februarie met sy private beleggersvennote in die Blou Bulle Maatskappy (BBM), Remgro en Patrice Motsepe, vergader om oor strategiese doelwitte te besluit. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie