Sokkerspan ruim Warmquelle op

Tanja Bause
Tanja Bause – Die sokkerspan van Warmquelle, ’n klein nedersetting in die Kunenestreek, het die bestuurders van die Ongongo Waterfall Campsite om ’n skenking gevra sodat hulle aan ’n jaarlikse streeksokkertoernooi kan deelneem.

“In plaas daarvan om bloot die geld te gee, het ons vir hulle gesê as hulle ’n skoonmaakveldtog in Warmquelle van stapel stuur, sal ons N$15 betaal vir elke sak vol rommel wat ingesamel is. Ons sal ook die plastieksakke verskaf,” het die bestuurder van Ongongo gesê.

Die hele spelersgroep, plaasvervangers ingesluit, het ingespring en altesame 90 plastieksakke vol rommel versamel.

“Die sokkerspan het meer gekry as wat hulle verwag het, ons het die gemeenskap ondersteun en Warmquelle is nou aansienlik skoner.” Die Ongongo Waterfall Campsite is sowat ses kilometer buite Warmquelle geleë.
- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!