Sokkerspan ‘sál uit grot gebring word’
Die Thailandse weermag belowe dat die jong sokkerspan wat in ’n grot vasgekeer is so gou moontlik daaruit gered sal word, sodra die watervlak genoeg gedaal het.
Adm. Apakorn Yuukongkaew het Dinsdag aangedui dat die swaar reën in die gebied sake bemoeilik en die seuns se veiligheid steeds van die grootste belang bly.
Dit is die tiende dag dat die groep van 12 seuns en hul assistentafrigter in die grot vasgekeer is.
“As dit nie werk nie, met die seisoenale reën, sal ons hulle op ’n ander manier uitkry. Ons het ’n plan A en B en uiteindelik sal almal na hul families terugkeer.”
Amptenare van Thailand wou egter nie uitbrei oor wat “plan A en plan B” behels nie, maar het bevestig dat hulle beoog om die seuns dieselfde pad uit te bring as wat hulle die grot ingegaan het, berig Reuters.
Lede van die vloot het intussen probeer foonlyne in die grot aanlê sodat die seuns met hul ouers en gesinslede kan praat wat in ’n nabygeleë skuiling bly.
Van die opsies om die groep te red sluit in die gebruik van kleiner duiktoestelle en om hulle dan uit die grot te lei.
Teen Dinsdagaand is daar reeds 120 miljoen liter water oor 75 uur uit die grot gepomp.
Apakorn sê die watervloei het verswak en die watervlak het al van kophoogte na die hoogte van die skene gedaal. Hy het ook bevestig dat die seuns in ’n goeie toestand is.
“Die kinders is al tien dae daarbinne, hulle het kos, dokters, dit gaan goed met hulle. Daar is geen haas nie.”
Volgens Sura Jeetwatee, ’n dokter betrokke by die redding, het die span oorleef deur grootliks op een punt te bly en water te drink wat van stalaktiete af gedrup het.
Nadat hulle Maandag gevind is, is hulle ’n jel ryk in kalorieë en minerale ingegee om hulle krag vir die reddingspoging te gee.
Sewe lede van die vloot, insluitend ’n dokter en berader, bly aan saam met die groep nadat hulle op ’n rotslys deur duikers gevind is wat ure deur nou ruimtes en troebel water geworstel het.
GERUGTE VERWERP
Passakorn Bunyalak, adjunkgoewerneur van die Chiang Rai-provinsie, het gerugte dat die reddingspoging tot vier maande kan duur verwerp, maar benadruk dat die fokus op die groep se veiligheid is en hul onttrekking uit die grot nie gejaag moet word nie.
Die nuus dat die Moo Pa-sokkerspan oorleef het, het tot feesvierings gelei in ’n land wat deur die drama vasgevang is. Reddingswerkers is as helde geloof in die nuus en op sosiale media.
Prayuth Chan-ocha, eerste minister, het alle Thailanders en alle buitelanders wat aan die reddingspoging deelneem, bedank. “Almal is ’n held en elkeen het mekaar gehelp.”
Sekuriteitswagte by die ingang van die Tham Luang-grotte het skares mense weggewys wat hul ondersteuning wou betoon, terwyl meer joernaliste by dié aangesluit het wat regstreeks oor die storie berig.
Die groep is tussen 11 en 16 jaar oud en het op 23 Junie saam met die assistentafrigter (25) vermis geraak toe hulle die grot in ’n woud ná ’n oefensessie gaan verken het.
John Volanthen en Rick Stanton, twee Britse duikers, is die eerste wat die seuns bereik het, met die begeleiding van vlootlede.
Hul soektog het ’n hooggeleë rots geteiken wat hulle geglo het skuiling kan bied, maar reeds oorstroom is. Hulle het toe nog 400 m verder beweeg en die sokkerspan gevind.
Die reddingspoging sluit burgers van Australië, Brittanje, China, Japan, Myanmar en die VSA in. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie