Sokkerspannetjie se nagmerrienag
Sewe mense se lewens is die naweek in vyf verskillende padongelukke geëis.
Iréne-Mari van der Walt en Francoise Steynberg – Saterdagaand het ’n nagmerrienag vir ’n tienerjarige sokkerspan van Hentiesbaai begin toe ’n botsinig enkele kilometers voor hul tuisdorp die lewens van twee spanlede, die 17-jarige Fillemon Armas en Given Geingob (15), geëis het.
Die ongeluk het omstreeks 20:30 sowat 5 km vanaf Hentiesbaai plaasgevind toe ’n blou Citi Golf glo teen die agterkant van die wit Ford-enkelkajuitbakkie met 12 sokkerspelers as passasiers gebots het. Die groep was op pad terug vanaf die Genesis-sokkertoernooi op Swakopmund.
Volgens die koördineerder vir misdaadondersoeke in die Erongostreek, adj.komm. Erastus Iikuyu, het die bakkie tydens die impak van die botsing die pad verlaat en omgeslaan.
“Twee sokkerspelers het gesterf en die ander (almal 15) is ernstig tot lig beseer. Mervin Halweendo (15) is ernstig beseer.
“Die bestuurder van die bakkie, mnr. Desmond Gowaseb, is ernstig beseer en op die ongelukstoneel kon hy nie praat nie.”
Buiten die 12 sokkerspelers was die spanbestuurder ook ’n passasier van die bakkie en hy is volgens Iikuyu lig beseer.
“Die 42-jarige bestuurder van die Citi Golf het sy bekken en arm gebreek. Sy enigste passasier, ’n 36-jarige man, het sy regterbeen gebreek, maar is stabiel,” het Iikuyu gesê.
Die beseerdes is per ambulans na die Swakopmund-staatshospitaal geneem, het Iikuyu gesê.
SOKKERSPELER VERTEL
’n Hartseer atmosfeer het gisteroggend by die Swakopmund-staatshospitaal geheers waar die beseerdes opgeneem is.
“Tannie, ek is baie seer,” het een van die beseerde sokkerspelers, Jean-Carlo van Wyk, ’n graad 9-leerling van die Kamwandi Gekombineerde Skool op Hentiesbaai, aan Erongo gesê.
“Ons het die oggend Swakopmund toe gery om te gaan sokker speel en die wiel het gebars,” het Jean-Carlo verduidelik waarom hulle met ’n ander voertuig teruggery het.
“Toe ons die aand moes terugry, was daar nie genoeg plek in die minibus vir almal nie en ons afrigter het gesê die jonger kinders moet in die minibus ry en die ouer kinders met die bakkie,” verduidelik Jean-Carlo.
Hy beskryf die gru-ongeluk: “Ons het gepraat en gesing en net ná ons begin sing het, het ek ’n boem-geluid gehoor en gesien ons is in die lug.
“Ek het gevoel hoe ek my kop stamp en my rug en linkerskouer skuur. Die volgende waarvan ek bewus was, het ek regop gesit.
“Ek het opgestaan en gesien hoe almal rondlê. Ek was verward en onseker oor wat gebeur het en ek het toe die blou kar gesien.”
Jean-Carlo sê ’n BMW het op die pad nader gery en hulle het die bestuurder gestop om die ambulanse te bel.
Hy sê hulle het later by die hospitaal gehoor twee van hul spanmaats is dood.
Nóg ’n beseerde speler, Emmanuel Amunyonge, se ma Natalia het vertel haar seun het iemand se selfoon geleen en haar gebel om te laat weet hy is in die hospitaal op Swakopmund.
Natalia is onseker of hulle goeie behandeling by die staatshospitaal kry, want die linne is vuil en sy moes vir haar kind skoon beddegoed bring, maar kon nie dieselfde vir al sy spanmaats doen nie.
Jean-Carlo het glo vir ’n skoon kombers gevra, maar die vuil kombers het gisteroggend op die hoek van die bed gelê, hoewel hy die hospitaal vir sy goeie behandeling geprys het. Hy sê hy is die eerste beseerde wat in die hospitaal behandel is.
’n Saak van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur is aanhangig gemaak.
Die oorledenes se naasbestaandes is ingelig en die ondersoek duur voort.
ANDER ONGELUKKE
Nóg vyf mense het die naweek in ander ongelukke in die land gesterf.
Gister omstreeks 06:10 is ’n 70-jarige Duitse toeris in ’n ongeluk op die B1-hoofpad suid van Rehoboth dood toe die Mitsubishi Pajero wat hy bestuur het, die pad verlaat en omgeslaan het. Hy is op die toneel oorlede.
Hy moes glo gister om 10:00 na Duitsland teruggevlieg het. Sy naasbestaandes is nog nie van sy dood ingelig nie.
Twee Namibiese weermaglede het Vrydagaand gesterf toe hul voertuig teen ’n stilstaande vragmotor by Nukwa-basis naby Kongola indie Zambezistreek gebots het.
Die ongeluk het glo ná die aandklokspertyd plaasgevind.
“Die soldate het vanaf Katima Mulilo na Nukwa in ’n sedan gereis toe hulle teen ’n stilstaande vragmotor gebots het wat langs die pad geparkeer was,” lui die Namibiese polisie se misdaadverslag.
“Twee ander NDF-insittendes van die sedan is ernstig beseer en is na die Katima-Mulilo-staatshosptaal gehaas. Hulle is in ’n kritieke toestand.”
Vrydag omstreeks 22:11 is mnr. Edward Cloete (37) glo deur ’n onbekende bestuurder in Omongostraat in die Wanaheda-woonbuurt raakgery, wat van die ongelukstoneel gevlug het.
Cloete het later aan sy beserings in die hospitaal beswyk. Niemand is in hegtenis geneem nie.
Volgens die polisie is ’n gesteelde Ford Ranger-dubbelkajuitbakkie tussen Okakarara en Okondjatu deur die onbekende bestuurder sowat 3 km buite Okakara omgegooi.
“Drie passassiers was in die voertuig en een van hulle, ’n Angolese burger, het in die hospitaal gesterf. Die ander twee passasiers is lig beseer.”
Die polisieondersoek duur voort.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie