Sokratiese forum: Kwessies van die 18de eeu
Sokratiese forum: Kwessies van die 18de eeu

Sokratiese forum: Kwessies van die 18de eeu

Elvira Hattingh
Dit is moeilik vir enige individuele man om homself van onvolwassenheid te bevry wat deel van sy natuur geword het.
Hy het selfs lief vir hierdie toestand geword en is eintlik nie in staat om sy eie insig te gebruik nie, want niemand het hom vantevore toegelaat om dit te doen nie.
Tydens die volgende byeenkoms van die Bank Windhoek Sokratiese forum, op Donderdag 10 September om 18:00 by die NICE restaurant, gesels prof. Johan Snyman van Johannesburg oor die kwessies van die 18de eeu. Dit vorm deel van die forum se “program vir verligtin”.
Reëls en formules dien as meganiese steun vir die rasionale gebruik (of misbruik) van die mens se natuurlike gawes; dit is die boeie van permanente onvolwassenheid. Diegene wat van dié boeie kan ontsnap, is egter steeds onseker omdat hulle nie aan soveel vryheid gewoond is nie. Min mense word van die boeie bevry en kan suksesvol hul eie gedagtes kweek, hulself van onvolwassenheid bevry en ‘n goeie saak nastreef.
So het Immanuel Kant oor die toestand van die samelewing aan die einde van die 18de eeu geskryf. Sy oplossing? " Sapere Aude!" (Waag om te weet).
“Hê die moed om jou eie verstand te gebruik. Dit is die slagspreuk van verligting.” Hiermee het Kant die strewes van die filosofie van die 18de eeu vasgevang.
Tydens die Era van die Verligting moes die Westerse samelewing verantwoordelikheid vir hul eie onderrig en hul wêreld neem, deur self oor die korrekte gebruik van vryheid te begin nadink.
Die Era van die Verligting was ‘n poging om die mensdom te bevry van die boeie van parogiale vorme van rasionaliteit. Die idee was om waarlik universele menslike belange in te sluit.
Die vraag ontstaan egter: Hoe universeel is die belange? Was Theodor Adorno en Max Horkheimer korrek toe hulle tydens die Tweede Wêreldoorlog geskryf het dat “die verligte aarde straal – soos ‘n triomfantelike ramp”? Het die Era van Verligting ‘n krisis vir Eurosentrisme geraak, of is dit steeds ‘n onvoltooide projek van moderniteit?
Snyman is ‘n filosofie-professor aan die Universiteit van Johannesburg en het onderrig in estetika, sosiale filosofie en die hermeneutiek van kulturele en sosiale geleenthede gegee. Hy was betrokke in die prosessie van die Suid-Afrikaanse Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) en het reeds verskeie navorsingsartikels gepubliseer oor hoe om die traumatiese verlede van Suid-Afrika te hanteer.
Belangstellendes wat die praatjie wil bywoon, word aangeraai om vooraf meer oor die onderwerp by plato.stanford.edu/entries/enlightenment op die internet te gaan oplees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!