Sokratiese Forum: Wysheid in Europese Renaissance
Vanaand se byeenkoms van die Bank Windhoek Sokratiese Forum met die tema " O where shall wisdom be found? Flirting with Folly in the European Renaissance" word deur prof. Victor Houliston van Johannesburg aangebied.
Die praatjie fokus op die belangrikheid van woorde, taal en veral retoriek in die Renaissance as ? manier om wysheid te bekom. As Aristoteles die leier van die Middeleeue was, dan was Cicero die model vir die Renaissance.
Met die ontdekking van drukwerk, die groei van ? republikeinse gees in politiek, die ontploffing van omgangstaal-literatuur en die bevestiging van die Bybel in die protestantse hervorming, het die mag van taal soos nog nooit tevore prominent na vore gekom - waarheid wat afgedwing moes word, nie deur die geslote vuis van logika nie, maar deur die oop hand van retoriek. Waarskynlikheid, eerder as noodsaaklikheid, het intellektuele diskoers oorheers.
Die praatjie begin met Erasmus, wie se Praise of Folly as die meesterteks van die Renaissance beskou kan word. Machiavelli, More en Hooker word as politieke teoriste oorweeg en die praatjie sluit af met Shakespeare se “fools”. Onderliggend aan die argument is Johan Huizinga se klassieke formilasie Homo ludens. Die ontwikkeling van wetenskaplike skrywe van die allegoriese, tot retoriese en later feitelike, word ook deurlopend oorweeg.
Houliston is ? professor in die Engelse literatuur aan die departement vir Engels aan die Universiteit van Witwatersrand, waar hy reeds sedert 1988 werk. Hy dien sedert 1999 as hoof van die departement en was voorsitter van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Middeleeuse en Renaissance Studies van 1992 tot 1994 en weer van 1998 tot 2008. Hy was ook redakteur van die tweejaarlikse joernaal English Studies in Africa, van 1997 tot 2005.
Belangstellendes word aangeraai om meer hieroor vooraf by www.iep.utm.edu/renaissa te gaan oplees.
Die geleentheid begin om 18:00 by die nice restaurant.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie