‘Solank hulle honger is, sal ons nie slaap nie’
Help ander boere vir jóú voortbestaan
Elvira Hattingh – “As ons as kommersiële boere dit nie gaan regkry om die groter meerderheid van boere aan die hand te vat en te help om hulself uit armoede en honger te presteer nie, het ons nie ’n toekoms in Suider-Afrika nie.”
Dr. Theo de Jager, voorsitter van die Suider-Afrikaanse Bondgenootskap van Landbou-unies (SACAU) het tydens die afgelope Namibië Landbou-unie (NLU) se jaarkongres gesê dit is die enigste manier hoe kommersiële produsente die volhoubare voortbestaan van hul boerderye in Afrika kan verseker.
“Dit is ons toekoms hier. Wyle Anton Rupert het gesê: ‘Solank hulle honger is, sal ons nie slaap nie.’
“Ons het nou die geleentheid om as kommersiële boere seker te maak dat ons die pas aangee – ook vir kommunale en ontluikende boere. Ons kan nie toelaat dat iemand anders probeer om dit te doen nie, want niemand anders het die kundigheid en vaardigheid nie.”
De Jager erken dat hierdie nie noodwendig landbouprodusente se kernbesigheid is nie.
“Ons kernbesigheid is die winsgewendheid en volhoubaarheid van landbou, maar bogenoemde het alles met die volhoubaarheid daarvan te doen,” het hy gesê.
DIE BRANDPUNT VAN ONTWIKKELING
SACAU verteenwoordig 17 nasionale landbou-unies en 12 lande in suidelike Afrika.
“Dit verteenwoordig ’n groot diversiteit van boere – van die armstes en kleinstes op die vasteland tot die heel grootstes en mees kompeterendes in die wêreld. Om hulle almal onder een dak te bedien, is ’n uitdaging,” het De Jager gesê.
“Suider-Afrika is egter die brandpunt vir die ontwikkeling van landbou in die volgende twee tot drie dekades. Dit is waar al die onderbenutte vrugbare grond lê, waar daar ook redelike infrastruktuur bestaan.
“Hierdie is die plek wat die wêreld gaan moet voed as oor die volgende 35 jaar nog twee miljard mense bygekom het. Dit is waar ons alles het wat geld nie kan koop nie – grond, onontginde waterbronne in die middel van die streek en die mense-kapasiteit.
“Wat ons wel kort, is dinge wat geld kan koop. Dit sluit in die infrastruktuur, die skakeling met markte, die ervaring en die tegnologie.”
De Jager sê hy is oorsee in byvoorbeeld Europa met skeptisisme begroet as hy gesê het Suider-Afrika moet die wêreld se kosmandjie van die toekoms wees.
“Sommige mense glo nie dit kan gebeur nie. Onlangs het iemand in Denemarke vir my gesê ek is baie naïef as ek dink dit kan in Afrika gebeur.”
De Jager het egter na dié streek se verrassende vooruitgang in kommunikasietegnologie verwys en is van mening dat dieselfde in landboutegnologie kan gebeur.
MEER AS TRILJOEN BELÊ
“Die Europese Unie en die Amerikaners het in die afgelope 22 jaar meer as ’n triljoen Amerikaanse dollar aan landbou-ontwikkeling in Afrika bestee. Hulle kan bitter min daarvoor wys.
“Die rede daarvoor is omdat dit op die verkeerde manier gedoen word. Dié hulpverlening word ‘almal’ se hulp, en eindelik aanvaar niemand verantwoordelikheid daarvoor nie,” het De Jager gesê.
Volgens hom ervaar landbou-unies wêreldwyd ’n krisis om inkomste te genereer en kan ledegeld alleen dit nie meer laat voortbestaan nie.
“Toe die ekonomiese krisis in 2008 in Europa onstaan het, is die krane van hulpverlening na Afrika onmiddellik toegedraai en dit het SACAU se werkinge ook drasties beïnvloed.
“Terselfdertyd was daar ook minder geld beskikbaar vir hul eie landbou-unies. Meganismes is toe ontwerp om die geld wat in Afrika gestort is, weer in Europa terug te stort. Hulle het dit gedoen deur die dienste wat tydens ontwikkelingshulp aan Afrika gelewer word, aan Europese landbou-unies uitgekontrakteer word.”
De Jager sê dit het egter daartoe gelei dat die Nederlanders, Duitsers en Spanjaarde ervaar het dat die dienste wat in Afrika en Suid-Amerika gelewer moes word, inmeng met hul funksie om beleid te beïnvloed.
“Gevolglik het 27 unies tussen 2008 en 2010 landbou-agentskappe gevorm – ’n liggaam wat van die unie se kapasiteit gebruik maak om besigheid te doen en terselfdertyd ’n inkomste vir die unie te genereer.
“Voorbeelde hiervan sluit in Agriterra, die Andreas Hermes Akademie asook Agri Court.
“Dit is waarnatoe die sogenaamde ontwikkelingshulp gaan.”
De Jager het voorts gesê SACAU het nou sy eie landbou-agentskap gestig en by Agri Court geaffilieer. “Agri Court is dan die sambreelorganisasie waarmee ons ’n ooreenkoms aangaan om as ’n franchise sekere van hul kontrakte in Afrika te implementeer.”
Hy het voorts gesê SACAU se kapasiteit is die boere wat sy lede vorm en dat boere geleenthede moet aangryp wat hieruit voortspruit.
NGO’s HOU BOERE ARM
De Jager meen nog ’n rede waarom Afrika moontlik nie kan toon wat van al hierdie ontwikkelingshulp geword het nie, kan ook weens korrupsie, wanbestuur en wanaanwending wees.
“’n Groot klomp van die geld het ook na nie-regeringsorganisasies gegaan. Ek is so keelvol vir sogenaamde ‘bleeding-heart’ organisasies, wat maak asof hulle namens boere optree en praat, terwyl hulle geen benul het hoe ’n landbou-onderneming werk nie.
“Hulle wy hul lewens daaraan en werk baie hard om die boere van Afrika arm te hou.
“In die tyd wat ek nog as SACAU se president sal dien, is hierdie my kruistog. Ek wil daarvoor baklei dat slegs boere die reg sal hê om namens die boere van suidelike Afrika te praat.”
KOMMERSIALISERING VAN LANDBOU
De Jager sê SACAU het sy omset in die afgelope paar jaar verdriedubbel.
“Die meeste daarvan kom uit ontwikkelingshulpgeld. Dit word gebruik vir onder meer kapasiteitsbou en daarmee kon ons ses nuwe landbouorganisasies skep asook beleids-invloed op SADC-vlak asook in die Gemeenskaplike Mark vir Oostelike en Suider-Afrika (Comesa) uitoefen.
“Ons het baie werk gedoen om die kommersialisering van landbou teweeg te bring en mense van ‘skoffel-pik tegnologie’ na meganisasie te bevorder. Die doel is om seker te maak dat mense ’n kommersiële ambisie in landbou het, surplusse produseer en dit bemark.
“Ons het baie daaraan bestee om SACAU kommersieel-vriendelik te maak.
“Ons het egter net vier lede wat kommersiële boere verteenwoordig. Agri SA, die NLU, die Kommersiële Boere-unie in Zimbabwe en die Zambiese Nasionale Boere-unie.
“Hierdie unies ervaar almal dieselfde krisisse oor grondhervorming en tegnologie. Ons sukkel met owerheidsbeleide en dit is harder werk in die kommersiële unies om regeringsbeleid te beïnvloed as wat dit vir die kleiner unies is. Ons is minder belangrik ten opsigte van stemkrag.
“Die kanse is betreklik skraal dat ons ná die einde van my termyn, weer ’n kommersiële boer as president van SACAU sal hê. Die kleiner unies het al hoe sterker geword en hul sekretariaat al hoe meer gesofistikeerd.
“Dit is nou tyd dat ons ons merk maak,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie