Soldate ‘verdien medalje’, sê hoë ná Gaza-sterftes
Een van die Palestynse betogers wat Vrydag op die grens van Gaza raakgeskiet is, was ’n 12-jarige seun wat glo gedink het hy sal veilig wees solank hy nie klippe gooi of aan die grensdraad raak nie.
Die grootste betoging in die geskiedenis van Gaza het Vrydag gewelddadig geraak toe honderde betogers die organiseerders se wense verontagsaam en nader aan die grens beweeg het.
Volgens die weermag het die betogers op hulle geskiet, brandende bande gerol en klippe en brandbomme na troepe oor die grens geslinger.
Vyftien betogers is doodgeskiet.
Intussen het Israel se minister van verdediging, Avigdor Lieberman, Sondag geweier dat daar ’n ondersoek na Vrydag se gebeure van stapel gestuur word.
Dit was nadat die sekretaris-generaal van die VN, Antonio Guterres, en die Europese Unie se topdiplomaat, Federica Mogherini, ’n onafhanklike ondersoek versoek het.
Lieberman het aan die Israelse weermagradiodiens gesê daar sal nie ’n kommissie van ondersoek wees nie, en dat soldate op die grens van Gaza “ ’n medalje verdien” omdat hulle gedoen het wat nodig was om die grens te verdedig.
Volgens Hamas, een van die organiseerders van die betoging, wat deur Israel en die Weste as ’n terroristegroep beskou word, was vyf van die oorledenes lede van dié groep se gewapende vleuel.
Daar word beplan dat die betoging op 15 Mei sy hoogtepunt sal bereik. Dit is die dag waarop Palestyne jaarliks die sogenaamde “Nakba” herdenk – dié dag in 1948 toe duisende van hulle gevlug of uit hul huise gedryf is toe die staat van Israel uitgeroep is.
Israel vrees ’n toestroming van Arabiese vlugtelinge sal die Joodse meerderheid in dié land bedreig, en meen as vlugtelinge toegelaat word om terug te keer moet dit na Gaza wees.
Israel het sy troepe in 2005 aan Gaza onttrek, maar handhaaf steeds streng beheer oor die grense.
Pous Franciskus het Sondag in sy tradisionele Paasboodskap ’n beroep gedoen vir “versoening in die Heilige Land”. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie