• Tuisblad
  • Sake
  • Solidariteit wil nie salaris by Denel laat sny
Solidariteit wil nie salaris by Denel laat sny
Solidariteit wil nie salaris by Denel laat sny

Solidariteit wil nie salaris by Denel laat sny

Botha meen die privatisering of gedeeltelike privatisering van Denel is al wat hom van totale ondergang sal red.
Francois Williams – Lede van die vakbond Solidariteit wat by Denel werk, wil nie instem tot salarisverminderings van 20% nie.

Die staatsbeheerde wapenvervaardiger wil salarisse besnoei in ’n poging om die sukkelende staatsonderneming uit sy geldkrisis te red nie.

Denel se bestuur het voorgestel salarisse word besnoei om kontantvloei te herstel.

Johan Botha, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, sê dis algemene kennis dat Denel tans ’n kontanttekort het, met sowat R1,2 miljard se uitstaande betalings aan verskaffers.

“Maar dis nie Solidariteit-lede wat verantwoordelik is vir die wanbestuur en swak bestuursbesluite wat Denel in die huidige finansiële verknorsing laat beland het nie.”

Ondanks die swak bestuursbesluite het Denel se finansiële hoof in die afgelope boekjaar steeds ’n stewige prestasiebonus van R3,28 miljoen ontvang en sy totale vergoedingspakket was meer as R7 miljoen, soos blyk uit die Denel-jaarverslag van 2017-’18, het Botha gesê.

Die salarisrekening van Denel se uitvoerende komitee het binne een boekjaar van R22 miljoen tot R41,8 miljoen gegroei.

Botha meen die privatisering of gedeeltelike privatisering van Denel is al wat hom van totale ondergang sal red, en nie die voorgestelde 20%-besparing op werknemers se salarisse nie.

DefenceWeb berig Denel se omset het in die afgelope boekjaar met 38% tot R4,9 miljard gedaal. Volgens Moneyweb het Denel ’n bedryfsverlies van R1,7 miljard gely. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer