Somaliu00eb se grensaansprake ''absurd'' su00ea Kenia
Somaliu00eb se grensaansprake ''absurd'' su00ea Kenia

Somalië se grensaansprake ''absurd'' sê Kenia

Estelle de Bruyn
Kenia het Somalië Maandag betig omdat die land Kenia voor die Verenigde Nasies se hoogste hof gesleep het om ‘n maritieme grensdispuut te verdedig.
Die finale beslissing kan ‘n groot invloed op die potensieel uiters winsgewende olie- en gasreserwes van die Indiese Oseaan hê.
Mogadishu se saak teen Nairobi voor die VN-hof is ‘n poging om die seegrens te verskuif en indien dit slaag, sal dit minstens drie van Kenia se aflandige olieblokke beïnvloed.
Somalië sê op sy beurt onderhandelinge kon nie daarin slaag om ‘n oplossing in hierdie bitter dispuut te vind nie, wat ‘n betekenisvolle impak op ‘n nuwe inkomstebron vir een van die twee Oos-Afrika-lande kan hê.
Somalië se beskuldigings is in kwade trou en is “net so absurd as wat dit pynigend is,” het Kenia se prokureur-generaal, Githu Muigai, aan regters in Den Haag gesê. Die hof is in 1946 tot stand gebring om geskille tussen lande te besleg.
“Somalië wil die hof laat glo dat gedurende al daardie jare, Kenia saamgesweer het om voordeel uit ‘n buurland te trek deur sy see en olie te steel,” het hy gesê.
Die sleutelpunt van die dispuut is hoe om ‘n seegrens te trek.
Somalië, wat noord van Kenia geleë is, wil hê die grens moet in ''n suidelike rigting ‘n verlenging van sy landsgrens wees.
Kenia wil egter hê dit moet ‘n reguit lyn oos, parallel aan die breedtegraad wees wat dit groter seegebied sal gee.
Kenia sê hy oefen sedert 1979, toe die land se eksklusiewe ekonomiese sone afgekondig is, onbetwiste jurisdiksie oor die gebied uit.
Die land voer aan dat voorheen met Mogadishu ooreengekom is om die dispuut deur middel van onderhandelinge en nie regstappe nie, op te los.
Hierbenewens was Nairobi “’n vriend” van Mogadishu en help in die stryd teen die djihadistiese Al-Sjabaab groep, met honderde Keniaanse soldate en burgerlikes wat reeds met hul lewens geboet het, het Muigai gesê. Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!