Somaliese seerowers bevry agt gyselaars
Die derde kaping van ‘n skip aan die Somaliese kus in minder as 'n maand is beëindig en al die bemanningslede is gered.
Somaliese veiligheidsmagte het gister gesê agt seevaarders wat deur seerowers op land aangehou is nadat hulle vroeër die week van 'n gekaapte Indiese skip verjaag is, is vrygelaat.
"Die gyselaars is sonder ‘n geveg bevry. Die veiligheidsmagte het hulle oorweldigend oorrompel en die seerowers het op die vlug geslaan. Drie van hulle is in hegtenis geneem,” het Abdirashid Mohamed Ahmed, die adjunkkommissaris van die maritieme mag in Somalië se Galmudug-staat, gesê.
Seerowers het die Al Kausar in die Indiese Oseaan aan die kus van Jemen op 31 Maart oorgeneem en die bemanning van tien gyselaar geneem en ‘n losprys geëis.
Somaliese magte het die vaartuig Maandag ontset en twee van die Indiese bemanningslede gered, maar die gyselaars het met die res van die bemanning weggekom.
Ahmed sê die bevryde bemanningslede is “veilig en gesond”.
Die Al Kausar, wat vrag bestaande uit graan en suiker van Dubai via Jemen na Somalië se Bossaso-hawe vervoer het, was die derde vaartuig wat in minder as ‘n maand aan die kus van die Oos-Afrika-land gekaap is.
Deskundiges het skeepsmaatskappye gewaarsku om op hul hoede te wees. - Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie